TygerBurger De Grendel - 25 April 2018

Page 1

DE GRENDEL

POP IN!!

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

DROUGHT TOLERANT PLANT SALE

NOW ON!! ENDS 1 MAY 2018

X1UFY3C9-AL250418

Woensdag, 25 April 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

N! E W

@TygerBurger

TygerBurger

Skuur skouers met akteurs KykNET se gewilde sepie, Suidooster, ’n Grand Jol-vennoot van TygerBurger, gaan die dansbaan warm hou by dié geleentheid op Saterdag 5 Mei by GrandWest. Kom skuur skouers met die akteurs en sokkie of langarm saam met Kurt Darren, Salome en Emo Adams, om maar ’n paar van die kunstenaars te noem wat sal optree. Die vennote het die afgelope Saterdag by N1-Stad in Goodwood voorbrand gedoen vir die Grand Jol. Kaartjies verkoop vinnig, en drie gelukkige lesers wat teen Vrydag 27 April om 13:00 vir ons ’n foto van hulself met hul klaargekoopte kaartjie stuur, kan boonop een van drie R1 000-Checkers-geskenkbewyse wen! Stuur jou foto na wen@tygerburger.co.za. (Ons mag versoek om die foto van naderby te bekyk.) Op hierdie foto by die N1-Stad poseer Janke Esterhuizen (agter) van Monte Vista vir ’n onsie saam met die Suidooster-akteurs Lauren Joseph (Zoë) en Dean Smith (Wade). FOTO: CARINA ROUX

NUWE INISIATIEF: SEKTOR IN SONES VERDEEL OM MISDAAD MEER DOELTREFFEND TE BEKAMP

Polisiëring word verfyn CARINA ROUX

H

oe eet ’n mens ’n olifant? Happie vir happie. Miskien sê dít iets van die sone-polisiëring wat die Bothasig-polisie op die proef wil stel. Lt.kol. Patrick Jacobs, stasiebevelvoerder, sê omdat hulle reeds volgens sektor-polisiëring werk, het hy besluit om elke sektor (area) in nog kleiner dele (sones) te verdeel. Hiervolgens is Edgemead in vier, Bothasig in vyf en Richwood in sewe sones verdeel. Jacobs het die onderskeie sektorbevelvoer-

ders versoek om vir elke sone ’n koördineerder aan te stel. Die sonekoördineerder, ’n vrywillige lid van die publiek, en ’n buurtwaglid is in beheer van sy sone. Jacobs sê die koördineerder sal nou saamwerk met die sektorbevelvoerder (’n polisielid) en daar sal gereelde kommunikasie wees tussen hulle en dan weer tussen die sektorbevelvoerders en die polisiekantoor. Die koördineerder en bevelvoerders sal ook gesamentlik misdaadvoorkomingsplanne uitwerk en spesifieke aktiwiteite in ’n sone beplan.

Jacobs sê die rede hiervoor is omdat daar volgens die vorige sensus sowat 25 500 inwoners in die Bothasig-polisiëringsgebied is, van wie slegs 350 geregistreerde buurtwaglede is. Hiervan is slegs sowat 50 patrolleerders, sê hy. Jacobs sê daar is gedink hoe kan hulle die gemeenskap meer betrokke kry by die buurtwagstelsel en daarom wil hulle die sonestelsel probeer. Die buurtwagstelsel gaan nie net oor patrollies nie, sê hy. Jy kan verskillende groepe binne die groter buurtwag begin soos ’n straat- of blok-

wag, ’n jeuggroep, of selfs ’n tuinwag of hondewag, waar mense wat tuindienste doen of met hul honde gaan stap, verdagte optrede kan rapporteer. Bothasig het byvoorbeeld reeds ’n fietspatrollie, sê Jacobs. Hy sê dit gaan daaroor om meer mense te betrek en dit vorm deel van die polisie se meesterplan om uit te reik na gemeenskappe. “Die polisie kan nie op hul eie misdaad bekamp nie en benodig die samewerking van die gemeenskap.” Hulle gaan moet kyk hoe dit werk en hy hoop dit sal ’n impak maak. V Na bladsy 2.

NEED A BEACH HOLIDAY?

STAY 2 NIGHTS GET 1 NIGHT FREE Make a long weekend of it 26 April - 1 May 2018 in our B&B rooms Contact us now to book: reserva ons@bluebaylodge.co.za or call 022 714 1177 www.bluebaylodge.co.za

X1UH6BAW-AL250418


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.