TygerBurger Goodwood- 11 April 2018

Page 1

GOODWOOD

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

POP IN!! DROUGHT TOLERANT PLANT SALE

NOW ON!! X1UFY3C9-AL110418

Woensdag, 11 April 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

ASABI 3, 2, 1 LOUNGE SUITE

- Fabric - Colour: Angus g Peat / Contrast Stitching LIMITED STOCK

was R25 999

R19

999

Valid i @ all branches until Sunday 22 April 2018 - While stocks last

BELLVILLE - 021 944 3330 @TygerBurger

E&OE

TygerBurger

VERSTER-EGPAAR: WOON SEDERT 1961 IN VRIJZEEHUIS

Liefde is ná 62 jaar nog immergroen CARINA ROUX

D

is nie almal wat kan sê hulle is al 62 jaar gelukkig getroud met hul eerste liefde nie. Vir Wouter en Marie Verster, wat Saterdag 7 April hul troudag herdenk het, is dít albei waar. Boonop woon die egpaar al sedert 1961 in hul huis in Vrijzee, destyds gebou vir £6 000. Hier het hulle vier kinders grootgemaak en ook as dagouers opgetree vir hul eerste twee kleinkinders. Ná 57 jaar is albei dit eens hulle wil nêrens elders woon as net hier in hul goed opgepaste huis nie. Albei geniet nog goeie gesondheid. Haar nooiensvan is nie verniet Genade nie, sê Marie (81). Sy word nie eintlik siek nie en het nog nooit ’n operasie gehad nie, vertel sy. Wouter, wat verlede Woensdag 83 geword het, het ’n paar jaar gelede nog self die hele huis geverf. Hy was 81 toe hy die laaste keer op die huis se dak geklim het vir ’n herstelwerkie, maar het raas gekry by sy skoonseun daaroor, sê hy. Dankbaarheid en ’n tikkie trots slaan deur as die Versters vertel hoe geseënd hulle is dat hul drie dogters en seun vandag geleerd is en goeie beroepe het – én gelukkig getroud is. Die egpaar self het nederige kinderdae beleef. Wouter het grootgeword as een van ses kinders in Elsiesrivier. Hy het ná standerd 8 begin werk by die SA Spoorweë, waar hy hom later jare as telekommunikasietegnikus bekwaam het. Hy onthou hoe hy as 11- of 12-jarige seun sy pa se blinde broer, oom Pieta, aan die arm moes lei, hom op die bus moes neem van Parow stad toe om JR Watkins-produkte te gaan haal wat sy oom dan in Epping sou smous. Marie het arm grootgeword as een van 12

kinders in Retreat en moes ook vroeg skool verlaat om te begin werk. Sy gee vandag nog kos aan mense wat swaarkry, want sy weet hoe dit voel om honger te wees, vertel sy. Marie het as tienermeisie ’n naweek by haar suster in Elsiesrivier gaan kuier toe sy Wouter se oog gevang het. Hy onthou sy het sulke spierwit (blonde) hare gehad. Hy het nogal ewe vir haar ’n briefie gestuur, sê Marie. Aanvanklik het sy hom maar bietjie op ’n afstand gehou, want “daai tyd sou jou ouers jou (as jong meisie) dood klap as jy net na ’n man sou kyk,” sê sy. Maar, glo sy, “die Here sit vir jou ’n lewensmaat uit” en dinge val in plek soos hulle moet. Drie jaar later het Wouter, pas 21, met sy 19-jarige bruid in die NG kerk Tokai getrou. Hy moes eers spaar vir die verloofring, wat £25 gekos het, en hy onthou, effens verleë, dat hy £50 by sy werk moes leen sodat hulle darem bruilof kon hou – kompleet met ’n koek in die vorm van “perdeskoene”. Troufoto’s is by ’n ateljee in Wynberg geneem. Marie vertel dat Wouter eenkant toe moes staan vir ’n paar foto’s en dat die fotograaf omtrent instruksies gegee het oor hoe sy moes poseer. Tot haar verbasing het een van dié foto’s later in ’n reuse-vensteruitstalling op Wynberg-stasie verskyn. Die resep om ná ses dekades nog in liefde saam te leef? “Moenie opstandig wees nie,” antwoord Marie. As iets krap, gaan maak sy tee en dan gaan sit hulle rustig en gesels daaroor. “Die huwelik is ’n mutual understanding,” sê Wouter. V Na bladsy 2.

Wouter en Marie Verster is 62 jaar getroud.

FOTO: CARINA ROUX

CLAIM YOUR 20% DISCOUNT

MANUFACTURE - INSTALL - RETAIL STORE - DIRECT TO PUBLIC

Gates

RAILWAY SLEEPER FURNITURE

STOCK CLEARANCE SALE eg. 8 seater J.Sleeper Table & Chairs WAS R24 747.00 incl. vat NOW R16 875.00 incl. vat On current stock only! T’s & C’s apply

Chat to our experienced staff who will gladly assist with your project, saving you money And helping you get it right the first time 15 Farad street Stikland, Bellville, ( NEXT to the

4 Standard Heights : DISC0% 1.2m on St OUNT Horiz anda r 1.5m Fencontal Ru d 1.8m CCA ing Panestic treat 2.1m ed Hls 3 2.4m 3.0m 1.8m high Was Standard width : R445p/m Now 0.9m R265p/m 1.8m T's & C's apply

Picket Fencing

ON RETAIL NOW (T’S & C’S APPLY)

MASSARANDUBA DECK

RUSTIC FENCING

RAILWAY SLEEPERS

HORIZONTAL FENCING Garapa Gold 20 x 90

Freeway) TEL: 021 949 5555 •021 425 2555 • www.timbacore CELL: 081 598 0006 X1UFYXL5-AL110418


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.