KRAAIFONTEIN
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA ASABI 3, 2, 1 LOUNGE SUITE
- Fabric - Colour: Angus g Peat / Contrast Stitching LIMITED STOCK
999
Valid i @ all branches until Sunday 22 April 2018 - While stocks last
BELLVILLE - 021 944 3330
DROUGHT TOLERANT PLANT SALE
NOW ON!!
was R25 999
R19
POP IN!!
E&OE
Woensdag, 11 April 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
X1UFY3C9-AL110418
@TygerBurger
TygerBurger
GEWILDE TV-PROGRAM: BYRON INGESKRYF SONDER SY WETE
Plaaslike boer soek trouvrou op die kassie BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
D
Byron Booysen is ’n deelnemer aan Boer soek ’n vrou se elfde seisoen.
FOTO: BRENDEN RUITER
ie eerste ding wat verklap dat Byron Booysen ’n boer is, is sy velskoene. Of ook nie, want deesdae het dié soort skoene ook mode-items geword wat wêreldwyd ten duurste verkoop word. Wyslik word daar besluit om enige aannames te laat vaar toe daar met Booysen, oftewel boer Byron, ’n onderhoud gevoer word. Hy is een van die nuwe deelnemers aan die immergewilde realiteitsprogram, Boer soek ’n vrou, se elfde seisoen. Diegene wat die reeks reeds ’n geruime tyd volg, sal weet dat boere wat al aan die program deelgeneem het, van so naby as Stellenbosch, maar ook so ver as Namakwaland kom. En skielik is hier ’n boer wat sommer af in die pad bly, in Kraaifontein. “Twee van my vriende, ’n getroude paartjie, is getroue kykers van die reeks. Hulle reken toe, sonder om vir my te vertel, dat hulle my mos kan inskryf. So braai ons nog die een dag toe my foon lui en dis die mense van Boer soek ’n vrou. Hulle vra toe of ek sou belangstel. “Aanvanklik was ek eers uit die veld geslaan, maar toe ek met ’n volgende oproep hoor ek is onder die voorste tien kandidate, was ek opgewonde,” vertel Byron in sy heerlike brystem. Volgens Byron het hy net gedink “hoekom nie? Ek is nou in daardie stadium van my lewe dat ek dit met iemand spesiaal wil deel en as ek die geleentheid kan kry om met mense van oraloor kontak te maak, kan ek dit nie van die hand wys nie. Ek was in die verlede in ’n verhouding waar die persoon dalk nie dieselfde drome as ek gekoester het nie. Dus weet ek met die program dat die briefskrywers ten minste
in dieselfde rigting as ek dink. Ek soek iemand wat in my drome deel en iemand in wie se drome ek kan deel,” som hy sy ideale maat op. Byron boer met groente op een hektaar grond wat hy huur, maar sy droom is om uiteindelik sy eie plaas te besit. “Vir my is bemagtiging van mense belangrik. Selfs toe ek op die studenteraad van die Universiteit Stellenbosch gedien het, was my portefeulje gemoeid met gemeenskapsake. Ek droom van markte wat in die gemeenskappe suksesvol bedryf word en wat werk skep waar dit die nodigste is.” Byron het altyd ’n voorliefde vir grond en die natuur gehad, maar hy het nie in ’n landbourigting gaan studeer nie. “Ek het sportwetenskap studeer en ook ’n nagraadse diploma in etiek verwerf. Tans is ek besig om my meestersgraad in omgewingsetiek te voltooi. Op lang termyn, wanneer ek my eie plaas het, wil ek graag die boerdery met sportontwikkeling kombineer. “Dalk ’n sportakademie op die plaas begin,” sê Byron, wat as student vir Maties rugby gespeel het en steeds raakrugby vir ’n plaaslike klub speel. Sy ouers is sy groot inspirasie in sy lewe en veral sy pa se veelsydigheid inspireer hom om beter te doen. Hy nooi alle hubare jong vroue in TygerBurger se verspreidingsgebied en verder uit om briewe te skryf. “Ek hou van vroue wat saam met my kan droom en groei. Maak nie saak wat haar beroep is nie, want ek boer amper binne in die stad. Sy kan dus ’n onderwyser, prokureur of enigiets wees – ek sal haar op die hande dra. My ideale vrou moet spontaan wees en geesdriftig oor die lewe en ’n vrou van God wees. Sy moet lief wees vir die buitelewe.” V As jy dink jy sal die regte vrou vir boer Byron wees, skakel 079 335 5137 of stuur ’n e-pos na boer@marche.mediahat.
CLAIM YOUR 20% DISCOUNT
MANUFACTURE - INSTALL - RETAIL STORE - DIRECT TO PUBLIC
Gates
RAILWAY SLEEPER FURNITURE
STOCK CLEARANCE SALE eg. 8 seater J.Sleeper Table & Chairs WAS R24 747.00 incl. vat NOW R16 875.00 incl. vat On current stock only! T’s & C’s apply
Chat to our experienced staff who will gladly assist with your project, saving you money And helping you get it right the first time 15 Farad street Stikland, Bellville, ( NEXT to the
4 Standard Heights : DISC0% 1.2m on St OUNT Horiz anda r 1.5m Fencontal Ru d 1.8m CCA ing Panestic treat 2.1m ed Hls 3 2.4m 3.0m 1.8m high Was Standard width : R445p/m Now 0.9m R265p/m 1.8m T's & C's apply
Picket Fencing
ON RETAIL NOW (T’S & C’S APPLY)
MASSARANDUBA DECK
RUSTIC FENCING
RAILWAY SLEEPERS
HORIZONTAL FENCING Garapa Gold 20 x 90
Freeway) TEL: 021 949 5555 •021 425 2555 • www.timbacore CELL: 081 598 0006 X1UFYXL5-AL110418