Tygerburger Kraaifontein - 12 December 2018

Page 1

KRAAIFONTEIN ER SUPTIVE FESE L D A

2

Year Guarantee

COMPLETE C3 YELLOW VACUUM CLEANER - 2000 watt was R4 799 - Suitable for all floor surfaces

R3

799

Valid @ all branches until Wednesday 26 December 2018 - While stocks last

BELLVILLE - 021 944 3330

Woensdag, 12 Desember 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

GEHEUE HELP HOM: AFVALMATERIAAL SY KUNS

Blinde oom maak motors BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

S

ommige van ons stap by ’n vertrek in en dan kan ons nie onthou wat ons daar wou gaan doen nie, maar die 84jarige Oom Attie Louw van Kraaifontein se geheue laat hom nooit in die steek nie. Om hom besig te hou, maak Oom Attie, ’n wewenaar, modelle van enigiets uit herwinbare materiaal. Enigiemand kan dít seker doen, maar wat Oom Attie se handewerk meer merkwaardig maak is dat hy blind is. Al sy modelle word gemaak uit dit wat hy kan onthou toe hy nog kon gesien het. “Ek het so 10 jaar gelede met ’n trekker begin,” sê Oom Attie. “Ek maak maar goed uit my geheue. Voor ek hier kom woon het, was ek jare lank ’n boer, so ek maak ook graag plaasimplemente. Die modelle hou my maar besig. Ek het ook onlangs twee poppe gemaak,” sê Oom Attie trots. Volgens Heletjie Louw, Oom Attie se dogter, hunker hy steeds baie na sy tuisdorp, Nieuwoudtville.

“Sy geheue is nog baie goed en hy vertel baie stories uit sy jong dae. Hy het nog telefonies kontak met van sy vriende. “Dis elke keer moeilik vir hom as een van sy vriende sterf. Die skooltjie waar hy en al sy kinders op skool was, hou tans reünie en Oom Attie woon dit ook by. Hy was vanaf Graad 1 tot Graad 10 (1950) in die skool op Nieuwoudtville en hy kan nie wag om al sy vriende, dié wat nog oor is, te sien nie,” sê Heletjie. Volgens Heletjie volg haar pa ’n eenvoudige proses wanneer hy sy modelle maak. “Hy sien die modelle in sy gedagtes en dan moet ek onder meer kartondose, plasiekbotteltjies, doppies, skroewe en kleeflint bymekaar maak. Hy sit dan alles self aanmekaar totdat hy tevrede is. Ons bots soms, want hy wil goed presies hê soos hy dit wil hê, maar ek is baie geduldig met hom,” sê Heletjie. Oom Attie wil graag sy handewerk aan ’n museum op Nieuwoudtville skenk. V Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

Oom Attie Louw, wat blind is, is hier met een van die motors wat hy self maak.

11 tydskrifte + 35 koerante

Netwerk24. Alles op een plek.

Teken in by www.netwerk24.com.

TygerBurger

E&OE


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.