TygerBurger Kraaifontein - 14 November 2018

Page 1

THE GIFT THAT GROWS

KRAAIFONTEIN

GIFT CARDS AVAILABLE ONLINE & IN-STORE www.stodels.com X1V1BVME-AL281118

Woensdag, 14 November 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Black Friday is coming MOORD OP MEISIES: KAN ANDER MOED GEE, SÊ MA

Wil wĂŞreld oorrompel

Verheug oor twee gaan sit BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

D

ie ma van een van die meisies wat in 2015 in Kraaifontein doodgeskiet is, is verheug dat die skuldiges nou aan die pen gaan ry. Keesha Manuel (17) en Nikitha Holly (16) was leerders aan die Hoërskool Scottsville toe hulle een middag onderweg na ’n winkel afgemaai is. Drie ander mense is ook in die voorval gewond. Preston Presence en Marlin Swartz is verlede week in die Blue Downs-landdroshof aan moord en poging tot moord skuldig bevind. Klaarblyklik het Holly vroeër dieselfde jaar gesien hoe haar niggie vermoor is. Sy is doodgeskiet om haar stil te maak. TygerBurger het met Keesha se ma, Bertha Manuel, gepraat en hoewel sy bly is die moordenaars is skuldig bevind, voel sy dit gaan nie haar geliefde kind terugbring nie. “Ek is dankbaar dat die gereg sy gang gegaan het en ons nie hierdie keer gefaal het nie. “Ons hoop nou net as ons op 4 Desember hof toe gaan, hulle tot lewens-

lange tronkstraf gevonnis gaan word. “As sy gelewe het, sou sy vandag op universiteit gewees het. Haar lewe het nog voor haar gelê. Sy wou graag ’n sielkundige word en het in matriek so goed gedoen dat sy ’n beurs van die Universiteit van Wes-Kaapland ontvang het,” sê Manuel. Manuel sê sy hoop die feit dat haar kind se moordenaars skuldig bevind is, gaan ander ouers in dieselfde bootjie aanmoedig om nie op te gee nie. “Ek weet daar is ander families wat deur dieselfde dinge gaan en ek hoop hulle kry moed uit hierdie hofsaak,” sê Manuel. Sy sê sy wil graag vir Preston in die oë kyk en vra hoekom hy geskiet het. “Preston was met my seun bevriend en was al in my huis. Hy het haar tog geken en steeds het hy gekies om te skiet. My seun, sy vriend, het hom gewaarsku teen die bendes. Dit is hoekom my seun nooit die hofsittings bygewoon het nie, want hy het gevoel hy kan Preston iets aandoen,” sê Manuel. Presence en Swartz word op 4 Desember gevonnis.

‘Ek is dankbaar dat die gereg sy gang gegaan het en ons nie hierdie keer gefaal het nie’

Courtney Mitchell (links) wil die modewĂŞreld met haar klerereeks oorrompel. Sy en haar suster, Meegan, spog hier met klere uit haar nuwe modereeks. Lees die volledige berig op bladsy 3

The best

Under new management!

FISHING SPOT THIS SUMMER

Bring this voucher in-store and receive your choice of any 1 of these featured offers to enjoy with your main meal.

OCEAN BASKET CAPE GATE 021 981 0331 Shop U23, Cape Gate Shopping Centre Cnr Okavango & De Bron Rd, Brackenfell

TINY TREATS TS

AVO / VEG MAKI

1 Voucher per 2 customers having a main meal each. Only valid at Ocean Basket Cape Gate. While stocks last. Terms & Conditions apply.

CALAMARI TUBES, HEADS OR STRIPS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.