KRAAIFONTEIN
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
HEARING AIDS MICHAEL FOURIE B. Pharm Dip.HAA
HEARING TESTS
HEARING AIDS
Contracted into Medical Aids DURBANVILLE: Mediplein Medical Centre HEARING CARE CENTRE BRACKENFELL:Medicross Medical Centre, c/o Brackenfell Boulevard & Nina Str. BELLVILLE: Oakmed Centre behind Mkem PAROW: Medicross Medical Centre, McIntyre Road
By appointment only
Call Toll-free 0860666660 or 083 272 3112
X1UGK2B5-AL180418
Woensdag, 18 April 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
WATSONIAPARK-MOORD: MATRIKULANT (19) DEUR ONBEKENDES GESKIET
Ma se pyn onbeskryflik
Esher Hartzenberg is deur onbekende persone vermoor.
BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
D
ie ma van ’n 19-jarige matriekleerder wat verlede week in Kraaifontein doodgeskiet is, sê sy weet nie hoe om haar seer te beskryf nie. +Esher Hartzenberg is deur onbekende persone in Buitesingel, Watsoniapark afgemaai. Sy ma, Elizabeth, sê ná sy hom in die straat sien lê het, het iets binne-in haar ook
doodgegaan. “Toe die mense my kom roep het, het ek my na die toneel gehaas. Daar het ek my seun se bebloede lyk gesien. Ek het nog nooit so baie bloed in my lewe gesien nie. “Ek kon nie glo dit is my seun wat daar lê nie. My seun – met sy voorliefde vir lees en musiek – se lewelose liggaam het in die straat gelê,” sê Hartzenberg. Hartzenberg sê sy het soveel drome vir haar eersgeborene gekoester. “Ons het so uitgesien na sy matriekafskeid later van-
The best
jaar en nou is hy dood. “Hy wou ná skool deeltyds in die regte studeer en ’n prokureur word. Alles is nou vernietig. Ek weet nie hoe ek kan aangaan met die wete dat my kind so wreed vermoor is nie,” sê Hartzenberg. Sy sê wat haar die seerste maak, is dat daar mense is wat weet wie die moord gepleeg het, maar nie praat nie. “Almal is te bang om iets te sê. Esher was nie alleen toe hy geskiet is nie. Daar was ’n vriend saam met hom, maar ek verneem
die vriend se pa het hom kom haal en na die platteland geneem omdat hulle bang is hy word ook vermoor. “Al wat ek wil hê, is dat iemand moet sê hoekom my kind, wat nie eens ’n bendelid was nie, vermoor is. Dit is al hoe ek vrede in my gemoed gaan kry,” sê Hartzenberg. Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie. Die polisie het bevestig dat ’n saak van moord ondersoek word en dat niemand nog in verband met die moord in hegtenis geneem is nie.
Exciting kiddies area in store!
FISHING SPOT THIS WINTER
Bring this voucher in-store and receive your choice of any 1 of these featured offers to enjoy with your main meal. 250ml COOLER OCEAN BASKET GLENGARRY 021 981 8948 Restaurant 2, Glengarry Shopping Centre De Bron Road, Vredekloof
1 Voucher per 2 customers having a main meal each. Only valid at Ocean Basket Glengarry. While stocks last. Terms & Conditions apply.
TOMATO NIGIRI
MED RICE BALLS