BRACKENFELL
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
POP IN!! DROUGHT TOLERANT PLANT SALE
NOW ON!! X1UFY3C9-AL110418
Woensdag, 11 April 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
ASABI 3, 2, 1 LOUNGE SUITE
- Fabric - Colour: Angus g Peat / Contrast Stitching LIMITED STOCK
was R25 999
R19
999
Valid i @ all branches until Sunday 22 April 2018 - While stocks last
BELLVILLE - 021 944 3330 @TygerBurger
E&OE
TygerBurger
Jong kokke bak dat die meel in sentrum spat! Met die skoolvakansie nou iets van die verlede, het Pick n Pay Brackenfell die volgende geslag kokke die kans gegee om te wys wat hulle met meel, suiker, eiers en stroop kan doen. Van die bestanddele vir die koekies en wafels het nie alles in die mengbakke beland nie – eerder as versierstrepe op die wange, voorkoppe en hande. Die meelbestrooide kokke het drie dae in die binneplein van die winkelsentrum aan die koekbakkompetisie deelgeneem. Volgens die bestuurder van Pick n Pay, Dale Gordon, was die koekbakkery deel van hul vakansieprogram om die kinders besig te hou.
GELDSLENTER: BEJAARDE NIE OPGEWASSE TEEN SLINKSE SWENDELAAR; R500 000 KWYT
‘Profeet’ laat vrou arm DESIRÉE RORKE @dezzierorke
’n
Bejaarde vrou van Brackenfell is onlangs haar pensioengeld van ’n halfmiljoen rand kwyt nadat sy deur ’n slinkse swendelaar, wat hom as ’n “gesalfde van God” voorgedoen het, ingeloop is. Hoewel meeste mense nie sou val vir die slinkse stories van dié gewetenlose bedrieër nie, was die goedhartige en naïewe Marie* (73) nie opgewasse teen dit wat met haar sou gebeur nie. Haar hoop op ’n beter toekoms sonder fi-
nansiële bekommernisse, het vinnig verander in ’n nagmerrie wat haar nog steeds treiter. “Ek was desperaat om meer tyd saam met my siek man te spandeer en wou nie meer deeltyds werk om huishoudelike uitgawes te betaal nie,” het ’n betraande Marie verlede week aan TygerBurger vertel. Sy het in Februarie ’n geklassifiseerde advertensie gelees waarin die sogenaamde profeet beloftes maak om sy kliënte se finansiële kwellinge permanent op te los met die “hulp van God”. As ’n diep gelowige mens, het Marie geesdriftig verder gelees. “In dié adver-
tensie het ’n vrou in Afrikaans getuienis gelewer oor hoe haar lewe verander het met die hulp van die profeet. Daar was selfs ’n foto van haar by,” sê Marie. “As ek nou daaraan dink, voel ek so dom. Ek kan nie glo ek is so uitgevang nie, maar ek was op daardie tydstip so desperaat dat ek alles wou glo. Dit was soos ’n oëverblindery en hoe dieper ek verstrengel geraak het in die storie, hoe meer het ek my perspektief verloor,” sê sy. Marie het besluit om haar spaargeld in te span vir die doel. Nadat sy die “profeet” gekontak het, het
hy gereël om haar die volgende dag in ’n parkeerarea in Brackenfell te ontmoet. “Hy het gesê hy doen nie sake onder ’n boom nie en het my na sy kantoor in ’n ander gebied van die stad geneem. Hy was baie mooi en netjies aangetrek, baie sjarmant en het baie goeie Engels gepraat. Ek het hom vertrou en saam met hom soontoe gery.” By die kantoor het hy vir Marie na sy spesiale “bidkamer” toe geneem waar hy “met God kommunikeer” en daar vir haar geboortedatum gevra. Hy het dit kwansuis nodig gehad om haar “geluk” te bepaal. V Na bladsy 2.
CLAIM YOUR 20% DISCOUNT
MANUFACTURE - INSTALL - RETAIL STORE - DIRECT TO PUBLIC
Gates
RAILWAY SLEEPER FURNITURE
STOCK CLEARANCE SALE eg. 8 seater J.Sleeper Table & Chairs WAS R24 747.00 incl. vat NOW R16 875.00 incl. vat On current stock only! T’s & C’s apply
Chat to our experienced staff who will gladly assist with your project, saving you money And helping you get it right the first time 15 Farad street Stikland, Bellville, ( NEXT to the
4 Standard Heights : DISC0% 1.2m on St OUNT Horiz anda r 1.5m Fencontal Ru d 1.8m CCA ing Panestic treat 2.1m ed Hls 3 2.4m 3.0m 1.8m high Was Standard width : R445p/m Now 0.9m R265p/m 1.8m T's & C's apply
Picket Fencing
ON RETAIL NOW (T’S & C’S APPLY)
MASSARANDUBA DECK
RUSTIC FENCING
RAILWAY SLEEPERS
HORIZONTAL FENCING Garapa Gold 20 x 90
Freeway) TEL: 021 949 5555 •021 425 2555 • www.timbacore CELL: 081 598 0006 X1UFYXL5-AL110418