PAROW ER SUPTIVE FESE L D A
2
Year Guarantee
COMPLETE C3 YELLOW VACUUM CLEANER - 2000 watt was R4 799 - Suitable for all floor surfaces
R3
799
Valid @ all branches until Wednesday 26 December 2018 - While stocks last
BELLVILLE - 021 944 3330
Woensdag, 12 Desember 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
E&OE
TygerBurger
Picket protest in solidarity Members of the St Margaret’s Anglican Parish and Hope Africa held a picket protest to raise awareness during the 16 Days of Activism. The church wanted their voices to be heard and to give at least one person who experiences violence the strength and courage to speak out.
PLATO GESELS MET SENIORS: SENIOR BURGERS MOET VEILIG WEES IN FEESTYD
Bejaardes belangrik LISA LOTTERING @demi_lisa
“S
amewerking met raadslede en die Stad Kaapstad is van kritieke belang,” het die burgemeester Dan Plato op Vrydag 7 Desember by ’n geselligheid vir senior burgers in die Goodwood-gemeenskapsentrum gesê. Plato het ’n beroep op alle senior burgers gedoen om saam met die regering te staan
om hul gemeenskap skoon te kry. “Bejaardes kan steeds ’n rol in die gemeenskap speel. “Ons het daai breinkrag en kundigheid by die buurtwag, polisieforum en wykskomiteevergadering nodig,” sê Plato. Volgens Plato is daar is baie kwessies, goed en sleg, wat aangepak moet word, maar die regering kan dit nie alleen doen nie. Plato, wat voorheen by die veiligheidsdepartement gewerk het, sê hy het die wreed-
11 tydskrifte + 35 koerante
heid van die lewe gesien en die wreedheid wat veroorsaak word deur ons eie mense. “Ons soek ’n vreedsame gemeenskap, daarom moet ons kinders vasgevat word. Dit maak nie saak wie jy is nie, as jy teen die wet gekant is, is jy teen die wet.” Volgens Plato lyk ons gemeenskappe nie te goed nie. “Julle moet ons help om ons gemeenskap skoon te kry. Of dit nou Elsiesrivier, Goodwood, Parow of Ravensmead is; ons soek skoon gemeenskappe. Net soos ons
Netwerk24. Alles op een plek.
Teken in by www.netwerk24.com.
Nyanga, Kaapstad se moordhoofstad, moet regruk, moet ons Parow, Ravensmead, Elsiesrivier en Goodwood ook regruk,” sê hy. Hy sê die regering kan dit nie alleen doen nie en inwoners sal moet hande vat. “Sê vir ons waar lê die gemeenskapskwessies en gaan vat jou raadslid se hande en sê ‘kom ons beweeg saam met mekaar om oplossings vir die probleme in ons gemeenskap te vind’.” V Na bladsy 6.