TygerBurger Parow- 28 March 2018

Page 1

PAROW

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

WATERLESS GARDENING

COMPOST 15DM

WAS 16.95

NOW

8.95

Offers valid until 2 April 2018. While stocks last.

X1UCU51E-AL280318

Woensdag, 28 Maart 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Celebrity cook-off champ Parow Centre held its 8th annual Celebrity Cook-Off Challenge on Saturday 24 March at the centre. Patricia Minnaar from Ravensmead was the winner and received a cheque to the value of R10 000. With her are celebrity singing sensations Paxton Fielies from Bishop Lavis and Craig Lucas from Elsies River. PHOTO: CHAD HENDRICKS

PAROW-OOS: VINNIGE REAKSIE NÁ GEMOR OOR SLAGGATE EN PADTEKENS, MAAR ...

Haweloses nog turksvy AVRIL FILLIES

I

nwoners van Wynne- en Providentstraat in Parow-Oos se gemor oor slaggate in die paaie, verkeerstekens wat verdof, onwettige parkering en straatmense, is op Dinsdag 19 Maart deur die plaaslike munisipaliteit ondersoek en grootliks reggestel. “Nadat ons die klagtes ontvang het, het die plaaslike munisipaliteit ’n span uitgestuur om ondersoek te gaan instel. Van die padtekens is oorgeverf en niemand kan nou meer onwettig parkeer nie,” het Suzette Little, burgemeesterslid vir die noord-area van die

Stad Kaapstad, gesê. Volgens haar is kontrakteurs deur die distrikskantoor aangestel om die dowwe of onsigbare padmerke en verkeerstekens oor te verf. “Die klein slaggate is deur die loop van Dinsdag deur personeel van die vervoerdepartement van die Stad opgevul en nou hoef motoriste nie meer draaie te ry om die slaggate te vermy nie,” het sy gesê. Die haweloses in die woonbuurt is nog ’n probleem, want volgens die inwoners gebruik hulle skeltaal, sit op die straathoeke en bemors die strate.

“Die publiek moet onthou dat die Stad alles probeer om ’n afname in die getal haweloses te verseker. Die Stad het geen beheer oor die rondbeweeg van die haweloses of hul gedrag nie. Wetstoepassing is verantwoordelik vir die verwydering van die haweloses van die strate en ook om hul onwettige strukture af te breek en die materiaal aan hulle terug te besorg. “Die regsproses om die haweloses en hul probleme op te los, is ’n lang en uitgerekte saak en in die meeste gevalle het dit min of geen impak op haweloses se bedrywighede nie. Die haweloses beweeg net van die een

woonbuurt na die ander en dieselfde probleme word dan weer in die nuwe woonbuurt ervaar,” het Little gesê. Volgens haar bied die Straatmense-herintegrasie-eenheid maatskaplike hulp aan die haweloses, maar min maak gebruik daarvan. “Die Stad bied hulp aan met huisvesting in nagskuilings, hulp om ID-dokumente te bekom, staatstoelaes, hereniging met families en tydelike werksgeleenthede deur die uitgebreide openbare werksprogram (EPWP). V Na bladsy 4.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.