KUILSRIVIER
POP IN!!
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
DROUGHT TOLERANT PLANT SALE
NOW ON!! ENDS 1 MAY 2018
X1UFY3C9-AL250418
Woensdag, 25 April 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
N! E W
TygerBurger
Kom sokkie saam met sterre TygerBurger en Suidooster, kykNET se gewilde sepie, gaan die dansbaan warm hou op Saterdag 5 Mei met die Grand Jol. Kom skuur skouers met die akteurs en sokkie of langarm saam met Kurt Darren, Salome en Emo Adams, om maar ’n paar van die kunstenaars te noem wat op die aand sal optree. Die vennote het die afgelope Saterdag by N1-Stad in Goodwood voorbrand gedoen vir die Grand Jol. Kaartjies verkoop vinnig, en drie gelukkige lesers wat teen Vrydag 27 April om 13:00 vir TygerBurger ’n foto van hulself met hul klaargekoopte kaartjie stuur, kan boonop een van drie R1 000-Checkers-geskenkbewyse wen! Stuur jou foto na wen@tygerburger.co.za. (Ons mag versoek om die foto van naderby te bekyk.) Hier by die N1-Stad is (van links) Lauren Joseph (Zoë), Dean Smith (Wade) en Abduraghmaan Adams (Ian October) saam met (voor) Erin Linnert en Jayden Ruiter, albei leerders by die Laerskool De Kuilen in Kuilsrivier. FOTO: CARINA ROUX
HURSHELE CAROLISSEN: NUWE STUURMAN BY LAERSKOOL DE KUILEN
Hoof rol self moue op DESIRÉE RORKE @dezzierorke
H
urshele Carolissen is die soort man wat self moue oprol en inspring om die wiele aan die rol te kry. En as nuwe skoolhoof by die Laerskool De Kuilen in Kuilsrivier is dit presies wat hy nou doen. Carolissen het verlede week op 10 April in sy nuwe pos begin. “Ek is baie opgewonde oor dié nuwe uitdaging. “Ek is opgewonde oor die kinders en die
personeel en ek glo dat ek met my talente as opvoeder waarde tot die skool kan toevoeg,” het hy verlede week tydens ’n onderhoud met TygerBurger gesê. Aanpassing is deel van verandering, maar Carolissen sê hy glo nie daaraan om verandering te forseer nie, maar eerder aan natuurlike oorgang. “Die stelsels en prosesse vir besluitneming wat tans by die skool in plek is, sal so bly totdat ek dit saam met my bestuurspan geëvalueer het en saam besluit het dat dit onderhewig is aan hersiening,” sê hy. “As ’n span het ons ’n goeie dinamika en
ek glo nie die groeipyne gaan te kwaai wees nie.” Carolissen sê sy fokus is eers op verhouding- en spanbou. “Goeie individuele verhoudings dra by tot beter spanwerk wat voordelig is vir ons as ’n skool.” Volgens Carolissen is een van die grootste uitdagings tans by De Kuilen die feit dat die skool nie die groot aanvraag kan bevredig nie. Met 1 200 leerders is die skool reeds oorvol, met 818 nuwe aansoeke tussen grade R en 7 wat wag vir 2019.
“Dis juis omdat die skool so ’n goeie reputasie in die gemeenskap het, dat so baie ouers hul kinders hier wil plaas. Maar daar is doodeenvoudig nie plek vir al die kinders nie,” sê hy. Volgens hom sal die skool net tussen 10 en 20 persent van die aansoeke kan akkommodeer. “Die uitdaging gaan daarin lê dat die skool se keuringskomitee elke aansoek objektief en op meriete sal hanteer, omdat ons keuringsproses reeds in lyn is met ons opnamebeleid.” V Na bladsy 2.