BELLVILLE
Woensdag, 22 April 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
2
Supermarket staff test positive
6
@TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
TygerBurger
‘Die Boer’ maak ’n plan om verjaardag te vier
10
Teken in by www.netwerk24.com.
Desperaatheid, honger dra by tot misdaadtoename
LIAM LOTZ: SY TWEEDE STRYD TEEN LEUKEMIE
Kankerlyertjie kry stamselskenker ESMÉ ERASMUS @erasmusesme
T
e midde van slegte nuus rondom Covid-19 het die vreugdevure die afgelope week hoog gebrand in die Lotz-huis in Durbanville. Die kankerlyertjie Liam Lotz, wat op 2 April agt jaar oud geraak het, se ouers het verlede Donderdag 16 April finaal gehoor dat ’n geskikte stamselskenker gevind is. Die geskikte skenker is ’n jong vrou in Duitsland. Die Sunflower Fund het einde Februarie en weer vroeg Maart vanjaar veldtogte by die Voorbereidingskool Durbanville gehou waar Liam ’n graad 2-leerder is. ’n Rekordgetal van 1 500 mense het as skenkers geregistreer en danksy dié veldtog is die nasionale skenkerbasis uitgebrei. Hierdie is die tweede keer dat Liam, sy ouers, Deon en Benita, se enigste kind, teen leukemie veg. Akute limfoblastiese leukemie is in Januarie 2016 by Liam gediagnoseer toe hy maar net drie jaar oud was.
Ná drie jaar en vier maande van behandeling het Liam die kanker oorwin en was hy in remissie. Skaars sewe maande later op 21 Januarie vanjaar het sy ouers die slegte nuus gekry dat die kanker teruggekeer het. Daar word gehoop op ’n stamseloorplanting om sy lewe te red en die soektog na ’n geskikte skenker het toe begin. Liam ontvang tans chemoterapie en sal Donderdag 23 April weer met die volgende agt dae lange terapiesessie begin. Daar word beplan dat hy die stamseloorplanting einde Mei sal ontvang. “Selfs al het ons ’n 100% match, bly dit ’n gewaagde prosedure,” het Benita, aan TygerBurger gesê. V Na bladsy 2
Liam Lotz staan hier, kort voor inperking begin het, by ’n Lotus Supercharge waarin hy ’n plesierrit Rawsonville toe gehad het. Hy het dit sy “Bat Mobile” genoem. Liam is mal oor duur motors – “goed soos Lamborghini en Ducati, nie my ou Toyota nie”, sê sy ma, Benita. FOTO: BENITA LOTZ
Kleinsakeondernemings moet oop, sê Stad DESIRÉE RORKE @dezzierorke Die Stad Kaapstad het verlede week ’n dringende versoek aan die nasionale regering gerig vir sekere klein en medium grootte ondernemings om voort te gaan met sake tydens die verlengde periode van inperking. Dit sluit onder meer in ondernemings wat 10 of minder personeellede het, restaurante wat wegneemetes bied, haarkappers, vakmanne en die vervaardigingssektor. James Vos, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, meen innoverende maniere moet nou aangewend word om die lewensbestaan van honderde duisende mense te verseker. Vos het dié versoek in ’n brief aan Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, gerig. Hy het ook voorstelle gemaak oor meer buigsame maatreëls vir sekere ondernemings om in die tydperk sake te bedryf. “Hoogs outomatiese vervaardi-
gingsondernemings moet toegelaat word om na volle kapasiteit terug te keer – met ekstra fokus op hul potensiaal om gesondheidsorgitems aan te pas en te vervaardig. Verslapping van beperkings behoort toegestaan te word indien skofte ingestel word,” sê Vos. Die verkoop van elektroniese toerusting soos drukkers en skandeerders op e-handel moet voortgaan om eksterne kommunikasie, bedryfsfunksionering en e-leerinisiatiewe te bevorder. “Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dat die waarskynlikheid dat ’n besmette persoon kommersiële goedere kan besmet, is laag. Die risiko om die virus van ’n verpakte versending op te doen, is ook baie laag.” Die Stad het ook aanbeveel dat beperkings verslap moet word vir restaurante wat ’n wegneemdiens bied. “Permitte om handel te dryf, moet uitgereik word in gevalle waar pogings aangewend word om te sorg dat voedselvoorberei-
ding en -verpakking higiënies is,” sê Vos. “Klein en medium ondernemings, ongeag die sektor, met 10 of minder personeellede moet ook kan voortgaan met sake. Sulke ondernemings het die buigsaamheid om hoë vlakke van sosiale afstand en gesondheidsbeheer te implementeer.” Die versoek is gerig daarop om die ekonomie in Kaapstad aan die gang te hou. “Vanuit ’n gesondheidsoogpunt, stel ons die ingestelde maatreëls hoog of prys, maar daar moet ingedagte gehou word dat dit ekonomies onvolhoubaar is en uiteindelik tot meer rampspoedige ekonomiese gevolge kan lei”. Die honderde duisende mense wat in dié sektore werk, is afhanklik van hul salarisse om hul families te onderhou, sê Vos. “Daar word voorsien dat die Covid-19-krisis vir die volgende ses maande, indien nie ’n jaar nie, ’n werklikheid sal wees wat ons as Suid-Afrikaners moet hanteer. “Dit sal van ons vereis om
voortdurend verskeie vorme van inperkingsprotokol te implementeer, hetsy landwyd of op spesifieke plekke waar die infeksie uitbreek.” Sakekamers in die noordelike voorstede het dié stappe geloof. Sunel Beeselaar, voorsitter van die Tygerberg-sakekamer, sê die eienaars en personeel van klein en medium ondernemings is tans heeltemal uitgelewer. “Klein en medium sakeondernemings kan doodeenvoudig nie meer bekostig om nie verder sake te doen nie. “Daar is tans geen alternatiewe planne wat hulle in werking kan stel om kop bo water te hou nie. “Die toeloop van mense op dié persele is klein en baie beheerbaar, en dus sal sosiale afstand gehandhaaf kan word,” sê Beeselaar. Ook die Durbanville-sakekamer raak toenemend bekommerd oor die uitwerking wat die instel van inperkings gaan hê op ondernemings en die gemeenskap. “Die inperkings wat ingestel is deur die regering om die versprei-
ding van die pandemie te beperk, laat talle sakeondernemings met enorme uitdagings soos nog nooit tevore ervaar is nie,” sê Andries Venter, voorsitter. “Die ekonomie van Durbanville word grootliks gestimuleer deur die talle klein en medium ondernemings in Durbanville, wat werksgeleenthede verskaf aan duisende mense. Meeste van hierdie ondernemings kan tydens inperking geen inkomste genereer nie. Baie van die ondernemings word nie geklassifiseer as noodsaaklike dienste nie. Juis om hierdie rede is die sakekamer van mening dat daar sekere vergunnings gemaak moet word aan klein en medium sakeondernemings om sake te kan doen tydens inperking, om sodoende hul voortbestaan te kan verseker. “Daar kan vereis word dat daar aan spesifieke minimum Covid-19 veiligheidsmaatreëls voldoen moet word, byvoorbeeld fisiese afstand in die werkplek, veiligheidsdrag en handontsmetting,” sê Venter.