TygerBurger Brackenfell 20171115

Page 1

BRACKENFELL

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

earinstitute SUMMER SPECIAL T & C’s Apply

Bellville | Tel:(021) 949 - 2900 www.earinstitute.co.za

HUGE VARIETY OF POTS UP TO

50% OFF

Offers valid until 19 November 2017. While stocks last.

X1U29XGH-AL151117

Woensdag, 15 November 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

GPF wil nouer met polisie saamwerk Brackenfell se gemeen­ skapspolisiëringsforum (GPF) het onlangs nuwe lede tot sy uitvoerende komitee verkies en beoog om verhoudinge met die polisie in die nuwe termyn te versterk. Dié lede het Maandagaand by die polisiekantoor met kol. Willie Joseph, stasiebevel­ voerder, byeengekom. Van links is Adrian Willard (tesourier), Werner Victor (voorsitter), Joseph en Johannes Burger (onder­ voorsitter). Sien bladsy 2 vir al die nuwe lede. FOTO: DESIRÉE RORKE

DA­RAADSLID SE BEDANKING: BEWERINGS VAN RASSISME EN NEPOTISME HAAR BEWEEGREDES

Carin praat prontuit VERSLAGSPAN

B

ewerings van “rassisme teen wit mense” en nepotisme was twee groot beweegredes waarom Carin Brynard uit die DA bedank het, het sy verlede week in ’n verklaring aan TygerBurger gesê. In die verklaring het sy ook vir die eerste keer bekendgemaak dat ’n amptelike klag wat sy in Augustus 2016 in dié verband by die DA se federale raad en regskommissie teen Patricia de Lille, Kaapstadse burgemeester, gemaak het, sonder die nodige ondersoek deur die DA se federale raad onder

die tafel ingevee is. Brynard het aan die einde van Augustus vanjaar ná 11 jaar as wyksraadslid in wyk 102 in Brackenfell en Kraaifontein uit die DA bedank. Derhalwe sal sy nou as kandidaat vir die Cape Party teen die DA se nuwe kandidaat in die wyk, Rhynhardt Bresler, staan in die komende tussenverkiesing vir dié gebiede op 29 November. Volgens Brynard het De Lille haar in ’n koukusvergadering in Augustus 2016 in die teenwoordigheid van die hele koukus ’n rassis genoem, omdat Brynard haarself teen be-

weerde nepotisme uitgespreek het in ’n SMS aan De Lille en ander senior lede van die DA. De Lille het, volgens Brynard, ook die term “You Nat murderers” gebruik. “Ek het gevolglik ’n klag teen haar gemaak, maar daar was onomwonde besluit om nie dissiplinêre stappe teen De Lille te doen nie. Blykbaar glo die DA met sy dubbele standaarde nie dat rassisme ook teen blankes kan plaasvind nie,” sê Brynard. Brynard se dispuut teen De Lille het in 2016 begin toe sy uit haar pos as voltydse portefeuljekomitee-voorsitter geskop is. Brynard het beweer dat verskeie voltydse

poste in die onderskeie portefeuljekomitees aan gewese ID-lede en trawante van De Lille gegee is, wat nie oor die nodige ondervinding beskik het nie. Sy het ook beweer dat poste aan ANC-oorlopers gegee is, wat uit hul party bedank het aan die einde van die vorige termyn. Brynard sê sy het die pos as voorsitter van veiligheid en sekuriteit sedert 2009 beklee en het dit vir drie jaar sonder besoldiging gedoen, voordat dit wettig voltydse poste geword het. Daarna is dié posbekleërs se salarisse in 2011 wettig daarvolgens aangepas. V Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Brackenfell 20171115 by Tygerburger Newspaper - Issuu