TygerBurger Goodwood 20171115

Page 1

GOODWOOD

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

earinstitute SUMMER SPECIAL T & C’s Apply

Bellville | Tel:(021) 949 - 2900 www.earinstitute.co.za

HUGE VARIETY OF POTS UP TO

50% OFF

Offers valid until 19 November 2017. While stocks last.

X1U29XGH-AL151117

Woensdag, 15 November 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Hier is hulle een groot familie By die Tygerberg­vereniging vir mense met fisieke gestremd­ hede se Miracle­werksessie voel dit of almal een groot familie is. Hier is (van links) Tiffany Small, Natasia Moses, Ceavin Exquire en Shaun Vermeulen besig om plastiekblok­ kies in telrame te ryg. Sien berig op bl. 5. FOTO: CARINA ROUX

GIEL BASSON­RYLAAN: RY IN STILSTAANDE VRAGMOTOR VAS; TANS IN HOËSORGEENHEID VAN N1­STAD­HOSPITAAL

Kranige fietsryer verlam CARINA ROUX

’n

Kranige fietsryer van Panorama is verlam nadat hy verlede Maandag 6 November met sy fiets agter in ’n stilstaande vragmotor in die fietsbaan van Giel Basson-rylaan, naby die N1 Stad-winkelsentrum, vasgery het. Attie Conradie (51), wat sy nek in die ongeluk gebreek het, is tans nog in die hoësorgeenheid van die Netcare N1 Stad-hospitaal. Cor Winckler, ’n goeie vriend en langer as 30 jaar al ’n fietsrymaat van Conradie, sê die ongeluk het tussen 08:00 en 09:00 gebeur. “Attie was op pad na Voortrekkerweg om stad toe te ry na Wool-

worths. Dit was een van sy gewone roetes.” Conradie is ’n IT-konsultant vir die PBT-group en was betrokke by ’n logistieke projek vir Woolworths. Winckler sê Conradie was een van die eerste Suid-Afrikaners wat ’n fietsry-Everest gedoen het, waarin deelnemers ’n opdraande moet uitry tot die hoogte van die berg Everest bereik is. “Hy het drie Cape Epic-bergfietstoere en verskeie Double Centurypadrenne gedoen en het in sy jong dae ’n hele paar Comrades-marathons en Two Oceans-wedlope voltooi.” Die twee vriende het twee Cape

Epic-bergfietstoere saam voltooi. “Ek het altyd gesukkel om by hom by te hou. Dis baie hartseer; hy was een van ons groep. Ons het elke naweek saam fietsgery.” Winckler sê Conradie het ’n C6/7-breuk opgedoen en het geen beweging in sy bene nie. “Sy skouer- en armbeweging is nog daar, met beweging in sy gewrigte, wat goed is vir die rehabilitasie wat nog voorlê.” Alhoewel sy toestand stabiel is, word hy nog in die hoësorgeenheid gehou. Hy sal waarskynlik later na die Vincent Pallotti-hospitaal oorgeplaas word, sê Winckler. Daar lê ’n lang pad van rehabilitasie vir sy vriend voor, maar hy hoop

die hardegathouding wat hy soms in sy fietsry openbaar het, help hom ook hiermee. Conradie is getroud met Rita, ’n fisioterapeut, en hulle het drie dogters. Marana Brand, ’n vriendin van Rita, het gesê die vragmotor het kort ná die botsing weggery. Nadat sy namens die Conradies ’n boodskap op Facebook geplaas het om te vra dat enigiemand wat iets gesien het, hulle moes kontak, het die maatskappy aan wie die vragmotor behoort, met Rita in verbinding getree. Dit behoort te help met eise van die Padongeluksfonds. V Vertel TygerBurger wat jy van hierdie be­ rig dink by briewe@tygerburger.co.za.

Attie Conradie kort ná vanjaar se Cape Epic.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.