TygerBurger Ravensmead 20171115

Page 1

RAVENSMEAD

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

HUGE VARIETY OF POTS UP TO

50% OFF

Offers valid until 19 November 2017. While stocks last.

X1U29XGH-AL151117

Woensdag, 15 November 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Vier haar groot dag saam met Blitsbok­helde Cheryline Lotz van Belhar (naaslinks agter) het haar 55ste verjaardag Saterdag by die N1­Stad­winkelsen­ trum gevier en het as geskenk ’n foto saam met die Blitsbokke laat neem. Sy het spesiaal ’n rugsak gaan koop vir hul handtekeninge en sy staan hier by (van links) Chris Dry, Siviwe Soyizwapi en Werner Kok. Voor wys Justin Geduld, Branco du Preez, Dylan Sage, Tim Agaba en Cecil Afrika hoe bly hulle is dat sy haar verjaardag saam met hulle gevier het. Nog foto’s op bl.4. FOTO: CARINA ROUX

MATHMOMS: TUISBLY­MA’S OPGELEI OM HUL KINDERS MET WISKUNDE TE HELP

Oud-onnies ploeg terug AVRIL FILLIES

A

fgetrede onderwysers van Elsiesrivier en Uitsig ploeg nou terug in die gemeenskappe wat hulle as onderwysers gedien het. “Ons almal het voorheen in Elsiesrivier, Uitsig en Ravensmead skoolgehou en het as mentors besluit om tuisbly-mammas basiese beginsels van wiskunde te leer. “Die doel hiervan was om hulle te help sodat hulle hul kinders smiddae met hul tuiswerk kan bystaan,” het Bertha Losper, een

van die stigterslede van MathMoms, gesê. Sonja Cilliers is die ander stigterslid. Volgens haar is die projek einde Mei 2016 bekendgestel by die Laerskool Valhalla in Elsiesrivier toe Rose Kohler, die hoofopvoedkundige vir skole in Elsiesrivier, gedink het Valhalla is ’n skool met baie potensiaal om kinders se ontwikkeling te stimuleer. “In gemeenskappe met baie geweld, ervaar kinders daagliks groot uitdagings om net rustig en met aandag in ’n klas op te let. “Sommige kinders raak ‘weg’ in die klas,

aangesien hulle emosioneel so uitgeput of afgebreek is dat skoolwerk net nog ’n berg is waarteen hul moet uitklim,” het Losper gesê. Die MathMoms wil met die spesiale aandag wat hulle aan die kinders gee, kyk of hulle nie gesonde verhoudings met die kinders kan bou nie. “Ons wil hê die kinders moet besef dat hulle spesiaal is, want ons help hulle nie net tuis nie, maar ook by die skole. “Ons het juis in Elsiesrivier en Uitsig begin omdat ons weet wat die kinders se potensiaal is en hulle ’n kans wil gee op ’n blink

toekoms,” het Losper gesê. “Ons het hier betrokke geraak want die geweld in die area ‘steel’ kinders se kindwees en ook soms die vermoë om skool te voltooi. “Daarom wil ons hulle van jongs af opgewonde maak oor hulself en geleenthede wat hulle kan kry, sodat hulle survivors sal wees en nie slagoffers van ’n geweldsmoeg-samelewing nie. “In sommige huisgesinne werk die ouers of die voogde sulke lang ure dat hulle nie by die kinders se skoolwerk kan uitkom nie.” V Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.