TygerBurger Eersterivier 20180131

Page 1

EERSTERIVIER

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

Woensdag, 31 Januarie 2018 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

Bekendstelling van Bigwalk by Kaapstad­stadion Die jaarlikse Bigwalk word op Sondag 18 Maart by die Kaapstad­stadion gehou. Altesaam R4,5 miljoen is vir die volgende drie jaar bewillig vir die wedloop. By die bekendstelling van die Bigwalk was (van links) dr. Elias Parker, bemarkings­ en borgskapbestuurder van die Cape Town Bigwalk, Niyaaz Hendricks, Dawood Esack, voorsitter van die Bigwalk, JP Smit, burgemeesterslid vir veiligheid en sekerheid van die Stad Kaapstad, Aziz Abarder en Ryan van Wyk van die borg Wholesome Bread. Lees die berig op bladsy 2. FOTO: SHARIEF JAFFER

SWAK LEESVERMOËNS VAN LEERDERS: OUERS HET NIE TOEGANG TOT GERIEWE

‘Boeke is nodig’ AVRIL FILLIES

D

ie swak leesvermoëns van leerders in gr. R in agtergeblewe gemeenskappe kan toegeskryf word aan ouers wat nie toegang tot boeke het of aan hul kinders voorlees nie. Dít is hoe Danie van Wyk, bestuurder van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingstrust in die Wes-Kaap (Saoot), die krisis beskryf na aanleiding van Solidariteit Helpende Hand se navorsing dat 55% van behoeftige kleuters nog nooit ’n boek besit het nie.

“Baie van ons ouers besoek ook nie biblioteke of lees uit koerante vir hul kinders voor nie. Die toedrag van sake syfer dan deur na die kinders. In die dae voor televisie het ouers saans boeke gevat, uit koerante gelees en hul kinders maklike woorde laat spel. Dit gebeur nie meer deesdae nie, want almal wil hul programme of sepies op die televisie kyk,” het Van Wyk gesê. Die krisis vir die swak prestasies van leerders wat nie eens in matriek reg kan spel of lees nie, was die rede waarom Saoot met die lees- en boekeprojek by biblioteke en skole

begin het. “In sommige van ons gemeenskappe is daar ook nie biblioteke by skole of binne loopafstand van skole nie, en ons het ook boeke aan private instansies, onder meer in Kraaifontein, geskenk. “Die kinders in die omgewing kan dus nou ná skool die biblioteek besoek en lees. Dit was ons manier om op só ’n wyse die probleem op te los en ons eerste boekskenking is aan die Laerskool Tygersig in Uitsig gemaak,” het hy gesê. V Na bladsy 2.

TygerBurger


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.