TygerBurger Bellville - 15 July 2020

Page 1

Cleaning

Party

Confectionery

CRAZY PLASTICS BELLVILLE 170 Durban Road, Bellville, Cape Town 021 949 8900

Woensdag, 15 Julie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

SEMI-FINALIS: ’N DROOM WORD WAAR

Model mik na Mnr. SA-titel NIELEN DE KLERK @nielendk

B

yna 11 jaar gelede het Roan Kitshoff in sy matriek-jaarblad geskryf hy wil eendag Mnr. Suid-Afrika wees. En vanjaar gaan daardie droom dalk bewaarheid word. Kitshoff (29), van Blomtuin in Bellville, is onlangs as een van 60 semi-finaliste van dié kompetisie aangekondig en is ook tans een van die topvyf deelnemers as dit by die publiek se stemme kom. Die top-20 sal in September gekies word, met die finale kompetisie wat in Oktober plaasvind. Vir hierdie sportfanatikus is die hele ervaring ’n sameloop van jare se harde werk. Hy is op skool as Mnr. Hoërskool Vredenburg gekroon en sê die gogga het hom daar gebyt. Hy het toe besef daar is jonger leerders wat na hom opkyk en wou aanhou om hulle te inspireer. “Toe ek sien hoe ek hulle motiveer, toe tree die droom in.” Daarna het hy elke jaar probeer om homself te verbeter – hetsy in sy voorkoms of persoonlikheid. “Ek was op skool hierdie skraal outjie en het 65 kg geweeg,” vertel hy. Intussen het hy amper 30 kg opgetel, meestal spiermassa. Hy was ook destyds baie skaam en het met harde werk dit reggekry om vlot voor ander te praat. “Vandat ek kan onthou, wou ek eendag deel wees van Mnr. Suid-Afrika. Dit gaan beslis nie oor die roem vir my nie, maar eerder die inspirasie en motivering om jou drome na te jaag. Wanneer jy regtig iets wil hê en jy gee jou alles, sal jy dit maak gebeur,” sê Kitshoff. Sy voorkoms het egter vroeg al aandag getrek. Hy is op 17 deur ’n modelagentskap genader. “Modelwerk was nog altyd deel van my lewe en ek is absoluut passievol daaroor,” sê

Kitshoff. “Ek is fanaties oor fiksheid en het in 2016 begin met bodybuilding as ’n sport. Ek het al aan vele plaaslike fiksheidskompetisies deelgeneem.” Hy het Suid-Afrika ook in 2017 in Birmingham in Engeland verteenwoordig. Voordat die landswye inperking ’n demper op gimnasiums geplaas het, het hy elke dag minstens ’n uur lank daar geboer. Hy oefen nou maar tuis. Hy wil graag vir ander wys dit is belangrik om ’n ware gentleman te wees. “Ek maak nog deure oop vir ander en sê dankie.” Hy het by die destydse Non Destructive Academy of South Africa (Nasa) in Bellville gestudeer, maar sê sy groot liefde is tuinaanleg. Sy ouers, Charmaine en Hendrik, bly nog in Bellville. Hy het ook ’n broer, Jéan (28), en ’n suster, Elicha Theron (30). “Ek is baie geseënd met die ondersteuning wat ek tot dusver van my familie en vriende ontvang het; sonder hulle sou ek nie so ver gekom het nie. Ek is baie trots om die WesKaap, meer spesifiek Kaapstad, te verteenwoordig en waardeer die ondersteuning van ons plaaslike mense opreg,” sê Kitshoff. V Om vir Kitshoff te stem. stuur MRSA31 per SMS na 40439.

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Storage

Petware

Stationery

TRADING HOURS Mon-Fri: 09h00-18h00 | Sat: 09h00-15h00 Sun: 09h00 - 13h00 X1W88LK9-AL150720

Teken in by www.netwerk24.com.

Roan Kitshoff is een van 60 semi-finaliste in die Mnr. SA-kompetisie. FOTO: DIONNE JORDAAN


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.