TygerBurger Bellville - 19 August 2020

Page 1

BELLVILLE SOMETHING FOR EVERYONE

CRAZY PLASTICS BELLVILLE

FOLLOW OUR SOCIAL PAGES:

170 Durban Road, Bellville, Cape Town 021 949 8900

Woensdag, 19 Augustus 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

TygerBurger

Teken in by www.netwerk24.com.

Blye weersiens Celeste Gouws (links), ’n inwoner van die Alta du Toit-nasorgsentrum in Boston, het Vrydag besoek ontvang van haar ma, Tertia Gouws, in die sentrum se nuwe inry-kuiers. Celeste is al 19 jaar by die sentrum. Lees meer op bl. 15.

VERVOERHALTE: DRIE SKIETVOORVALLE IN TWEE DAE

Taxi-geweld ruk Bellville NIELEN DE KLERK @nielendk

N

abye inwoners en pendelaars eis onmiddellike ingryping ná daar verlede week drie skietvoorvalle binne twee dae by die vervoerhalte in Bellville plaasgevind het. Die halte sluit die stasie, sowel as die busen taxihalte, in. In die jongste voorval, wat Vrydag om 16:25 in spitstyd plaasgevind het, is ’n passasier in die kruisvuur oorlede. Twee mense is beseer. “Dit het soos iets in Afganistan geklink,” sê ’n omstander, wat anoniem wil bly. Altesame 28 patroondoppies is op die toneel gevind. Die polisie was juis daar nadat ’n soortgelyke skietery vroeër daardie dag en die

dag tevore plaasgevind het. Drie mense is beseer, van wie twee geskiet en een met ’n mes gesteek is. Hierdie voorvalle het na die nabygeleë Belrail-area oorgespoel en ’n verdagte het selfs by ’n huis in dié buurt weggekruip. Altesame sewe mense is in hegtenis geneem in verband met die voorvalle. Gerda Gerber, voorsitter van die Belrailbuurtwag, het in ’n sterk bewoorde e-pos aan amptenare gesê daar is nie genoeg sekuriteit in daardie area nie. “Hoe lank gaan dit nog so bly? Julle hou aan om die kwessie te ignoreer (en) die bal van een baan na die ander te skuif.” Die situasie is die jongste in ’n reeks taxiverwante voorvalle wat al vanjaar in die Wes-Kaap voorgekom het. Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse mi-

nister van vervoer en openbare werke, het Maandag met rolspelers van twee mededingende taxi-verenigings, Cata en Codeta, vergader. Dié twee verenigings is in ’n magstryd gewikkel oor winsgewende roetes, onder meer die roete na Mbekweni in die Paarl, wat ook onder geweld gebuk gaan. Madikizela sê hulle sal nie skroom om sekere haltes en roetes toe te maak as die publiek verder in gevaar gestel word nie. Dit is wel ’n laaste uitweg, benadruk hy. “Ek gaan ook ’n beroep op munisipaliteite doen om beheer en sekuriteit by munisipale haltes terug te neem van (taxi)verenigings wat hul magsposisie misbruik om ‘belasting’ van wettige en onwettige taxibestuurders en straatverkopers in te vorder.” Hy het die Stad gevra om strenger sekerheidsmaatreëls en toegangsbeheerstelsels

aan te bring om te identifiseer watter taxi’s wettig by verskillende haltes is en die onwettiges te keer. Derek Bock, uitvoerende beampte van die Voortrekkerweg-korridorverbeteringsdistrik (VCRID) sê hulle is ook bekommerd oor die taxigeweld omdat dit kan oorspoel na die Bellville-middestad, wat binne die VRCID val. “Nie net kan onskuldige mense op die taxiparkeerarea doodgeskiet word nie, maar die Safe Space oorkant die taxi- area, waar hawelose mense tans gehuisves word, kan ook onder skoot kom.” Hy het ook die geweld veroordeel. “Dié tipe geweld is onaanvaarbaar en die skuldige mense moet gearresteer word; die taxibedryf kan nie sê hulle weet nie wie is verantwoordelik nie; hulle moet bydra om dit te staak.”

GERANIUM MAVERICK

SAVE ON GARDENING! WAS 39.95

NOW

CACTUS

HERB ASSORTED

WAS 44.95

NOW

INDOOR

19.95

www.stodels.com

PURPLE VYGIE

WAS 21.95

NOW

13.95

BIO OCEAN 5KG

YELLOW VYGIE

WAS 49.95

NOW

19.95

MARGUERITE DAISY

WAS 59.95

WAS 119.95

22.95

59.95

NOW

24.95

YELLOW DAISY

NOW

Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Bergvliet 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400

WAS 69.95

NOW

22.95

WAS 69.95

NOW

29.95

Offers valid until 23 August 2020. While stocks last. X1W9RXLC-AL190820


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.