BELLVILLE or
Purchase any
Bedset or Mattress & stand a chance to your share of R250 000 !
WIN
Valid @ all branches until Friday 30 April 2020
T’s & C’s apply
BELLVILLE - 021 944 3330
Woensdag, 20 Januarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
E&OE
Teken in by www.netwerk24.com.
BELLVILLE: BEJAARDES EN GESTREMDES NAT GESPUIT
Chaos by Sassa NIELEN DE KLERK @nielendk
D
ie polisie het Vrydagoggend ’n waterkanon gebruik om skarebeheer toe te pas nadat honderde mense by Sassa se kantore in Bellville saamgedrom het om hul toelaes te kry. “Staan ’n meter uitmekaar uit,” het polisiebeamptes herhaaldelik geskree terwyl mense, meestal oud of gestremd, die water van hulself afgevee het. Polisiebeamptes by die agentskap het vroeër aan die skare gesê die kantore kan net 110 mense op die betrokke dag help en sou voorkeur aan diegene in rolstoele gee. Dit het gelei tot ’n stormloop soos mense probeer het om nader te staan vir hul toelaes. Dit is hierna dat die polisie ingespring het. Sowat 200 000 mense landswyd moet heraansoek doen vir hul tydelike gestremdheidstoelae nadat die grendeltydperk in Desember verleng is en die toelaag gestop is. Die aantal mense buite die kantore in Bellville het vervierdubbel nadat TygerBurger die kantoor Don-
derdag besoek het. Die toename is glo weens ander kantore wat toegemaak het en begunstigdes Bellville toe gestuur het. Hordes mense het hierna na Bellville gestroom waar hulle in die gietende reën saamgedrom het. Baie van die mense in die toue by beide Bellville en ander kantore het al dae lank tougestaan. Diegene by Bellville het dadelik woedend geraak vir die nuwelinge. Leanne Davids, wat self vir drie dae by die kantore uitgekamp het, het gesê die polisie skend hul waardigheid. “Hoekom kan die regering nie ’n beter plan maak met toelaes nie?” het sy gevra . “Dink hulle dis vir ons lekker om in hierdie toue te staan?” Davids, ’n verpleegster, moes ophou werk omdat sy aan verskeie siektes ly. Donderdag het verskeie mense aan TygerBurger gesê hulle het so vroeg as 04:00 al by die kantoor tougestaan. “Natuurlik is ons bang vir die virus,” het een gesê. “Maar watter keuse het ons?”
FREE HEARING AID BUY 5 BATTERIES GET 1
FREE (CASH ONLY)
R40
HEARING SCREENINGS OFFERED
’n Polisieman beveel mense om in rye te staan sodat hulle minstens ’n meter van die volgende persoon is. FOTO: NIELEN DE KLERK
Booking essential: 084 264 0000
Did you know? An untreated hearing loss leads to a higher risk of developing dementia
PRACTICE NO. 0596558
Graanendal Shopping Centre, Durbanville Tel: 084 264 0000 info@my-hearing.co.za www.my-hearing.co.za
DISCREET HEARING AIDS
RECHARGEABLE HEARING AIDS
Registered Audiologist TRACY-ANN MORRIS X1WH3PV5-AL200121