TygerBurger Bellville - 26 June 2019

Page 1

BELLVILLE

TygerBurger en Media24 het nie ondersoek en vasgestel of enige van die dienste of produkte geadverteer die verlangde resultate of uiteinde sal hê nie. Lesers moet asseblief kennis neem dat sommige van die beloofde resultate in hierdie advertensies buitengewoon is en dalk selfs onmoontlik is om te behaal. Sommige van die prosedures en beloftes geadverteer mag dalk gevaarlik wees indien nie uitgevoer deur 'n gekwalifiseerde mediese praktisyn nie. Lesers word gewa a rs ku d a t h u l l e d i e a d ve r tee rd e r s e geloofwaardigheid en besonderhede deeglik moet ondersoek. TygerBurger en Media24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige van die geadverteerde dienste of produkte nie. X1U894D6-AL160518

Woensdag, 26 Junie 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

DRIEKAMP: SAAM STAP HULLE DIE EKSTRA MYL

Ma en dogter wen goud

Erica Jacobsz stoot die tandem-fiets na die wegspringplek, terwyl Cindy haar volg.

AVRIL FILLIES

O

m as haar ma se gids aan die Shandrani ATU-driekamp in Mauritius deel te neem, en goud te verwerf, was vir Erica Jacobsz van Boston, ’n absolute eer. “My ma, Cindy, is my held en rolmodel en die wete dat ek so baie vir haar in Mauritius beteken het, het al die oefening die moeite werd gemaak. Ek het eers vier weke voor die driekamp ingestem om haar gids te wees in die plek van Petro Neethling. Verskeie ander het ook al as haar gids opgetree, maar ons deelname saam in Mauritius was spesiaal,” het Erica gesê. Cindy Jacobsz is blind, maar haar blindheid weerhou haar nie daarvan om lekker

dinge te doen nie. Ter voorbereiding het hulle soveel as moontlik probeer om saam te oefen, hoewel Cindy met verkoues gesukkel en Erica eksamens geskryf het. “Ons het elke Saterdag die Bellville-parkwedloop (5km) gedoen en natuurlik het Hendrik de Villiers, die afrigter, se aanmoediging en hulp, veral vir Erica gehelp. Dit was ook die eerste keer dat sy die volle driekamp doen, hoewel ons al in die fietsry saam deelgeneem het,” het Cindy gesê. Volgens Cindy is dit redelik moeilik om iemand te kry om as gids op te tree, want jy moet gewillig, lank en sterk genoeg wees om iemand anders in die driekamp te lei en ondersteun. “Die feit dat ek die eerste keer saam met my dogter kon deelneem, was baie

spesiaal. Gewoonlik begelei die ouer die kind, en nie anders om nie, en dit was vir my baie besonders. Ons doen baie avonture saam, soos flieks kyk, sy kyk en ek luister, doen saam inkopies, ons gaan dans saam, en ons gunsteling tydverdryf is om saam te kuier oor ’n koppie koffie, terwyl sy tee drink. “Die roete in Mauritius was baie mooi. Die swem was heerlik en die see was so blou soos die foto’s wys. Die fietsry was tricky, die pad was nie gesluit vir verkeer nie en die teer was plek-plek nie goed nie. Die hardloop-gedeelte was ongelooflik mooi, en in die koelte, dus amper perfek,” het Cindy gesê. Sy het al aan driekampe in Durban, Potchefstroom, Kaapstad, Johannesburg, Port Elizabeth en in Ottowa in Kanada deelge-

neem. “Die deelname in Mauritius was vir ons albei ’n belewenis. Ek het talle para-atlete ontmoet en net weereens besef hoe great en sterk hulle is. Lesley Lee het haar nuwe super sexy prostese eers ’n week voor die driekamp gekry, en was vir almal ’n groot inspirasie. “Ons tandem-fiets het nie so heel in Kaapstad geland nie, en ons is bietjie ongelukkig daaroor. Die tandems is baie duur om te vervang en die regmaak daarvan is onverwags en onbeplan,” het sy gesê. Volgens Cindy is sy altyd op soek na ’n gids wat bereid is om saam met haar te oefen, deel te neem en bereid is om die ekstra myl saam met haar te stap.

B E ST

GRE

BU Y

HOT-OFF-THE-PRESS

BURGER COMBO

TEXAS BURGERS 20’S + FROZEN FRENCH FRIES 1KG

70

.00

p/combo

PORK FILLET

55

.99 p/kg

r15

DE A

r

CHORIZO PLAIN OR PERI-PERI

79

.99 p/kg

L

72.99

GRABOUW BOEREWORS

p/kg

N EWe

saving

AT

R SU PE R E S AV

eci p

BEEF POTJIEKOS

55.99

Prices valid at all Brito’s stores from 26th - 29th June 2019. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

p/kg


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.