BELLVILLE
Woensdag, 28 Augustus 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger 11 tydskrifte + 35 koerante
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
OAKDALE: ELKE GROEP HET SY EIE RUIMTE
Inwoners benut park nou beter AVRIL FILLIES
H
aar droom van 2017 om die De Jongh-park in Oakdale beter te benut, is nou ’n werklikheid. Die park is nou verdeel in afdelings vir aërobiese klasse in die buitelug, ’n gimpark, ’n hondepark en die buurt se kinders kan sokkerwedstryde in die park speel. “My idee het ek in 2017 namens die Oakdale-buurtwag aan Brendan van der Merwe, raadslid vir wyk 3, voorgelê en hy was baie opgewonde en het dadelik planne beraam om dit ’n werklikheid te maak. Die rede waarom ons nou die park verbeter het, is om aan elke groep sy eie ruimte te gee om hul ding te doen,” het Natasha Groenewald, komiteelid van wyk 3, gesê. Sy was lid van die Oakdale-buurtwag en het haar idee met die destydse voorsitter, Tommy Malokavic, bespreek. Hy het die ontmoeting met Van der Merwe gereël. “Ons wou die gemeenskap van Oakdale ook aanmoedig om die park te gebruik en om almal in die buitelug te kry. Ons het voorheen haweloses gehad wat in die park op die banke in die kinders se gebied geslaap het, en ook honde wat agter die perdekarre gehardloop het. Dís waar die idee van die afbakening vir alle aktiwiteite begin het,” het sy gesê. V Na bladsy 4.
Die hondepark gee honde-eienaars die kans om met hul honde deur die park te stap.
Anje
B R I D A L
C O U T U R E