BELLVILLE
Woensdag, 2 Desember 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
TygerBurger
Teken in by www.netwerk24.com.
BOSTON: TWEE IN HOF
Moord op ma skok NIELEN DE KLERK @nielendk
’n
Refugees desperate Hakiz’Mana Resh Kavugano washes clothes outside the refugee tent at the Paint City site in Bellville. As space is limited and most of their possessions have been taken away, the women with families have to wash clothes morning and night. Read more on page 9. PHOTO: NIELEN DE KLERK
Bos laventel en polisielint was Maandag al aanduiding van die gruweldaad wat hom oor die naweek in Boston afgespeel het. Christopher Geldenhuys (20) het gister saam met ’n vriend, Joshua Davies, in die hof verskyn ná die moord op sy ma, Natasjia Geldenhuys (44). Natasjia, wat vir die Stad Kaapstad gewerk het, is Sondagoggend met verskeie steekwonde in haar bed in Eerstelaan aangetref. Haar man, Andries, was ten tyde van die moord uitstedig en haar jonger seun (14) het geslaap. Volgens Jonathan Blankenberg, woordvoerder van die Bellville-polisiekantoor, is dit juis die verdagte seun wat omstreeks 06:00 alarm gemaak het. Net tevore het sy jonger broer (14) die deur vir hom oopgemaak, maar toe verder gaan slaap. Die twee verdagtes is enkele ure ná die moord Sondag deur speurders verbonde aan die Bellville-polisie in hegtenis geneem. Volgens ’n berig in Die Burger het Christopher iewers in die aand by vriende in Vierde Laan gekuier voordat hy die oggend huis toe is. Maandagmiddag was polisielede verbonde aan die forensiese afdeling nog op die toneel besig. Polisielint het die voorkant van die huis se ingang en inrit versper. Twee
Natasjia Geldenhuys polisiebeamptes het buite in ’n patrolliewa gesit. Op die posbus het ’n bossie laventel met ’n troosbriefie gelê. Natasjia het die afgelope 20 jaar vir die Stad gewerk – meer onlangs as kommunikasie- en inligtingsbeampte vir die departement wat met beplanning en ontwikkelingsbestuur gemoeid is. Sy het ’n M-graad in linguïstiek en het ook al gedigte op Litnet gepubliseer.
’n Patrolliewa buite die huis in Eerstelaan. FOTO: NIELEN DE KLERK
HAVE A HOLIDAY IN YOUR GARDEN FELICIA
HYDRANGEA RED
WAS 169.95
NOW
99.95 www.stodels.com
SHADE MIX
WAS 169.95
NOW
99.95
NEW GUINEA IMPATIENS
WAS 169.95
NOW
99.95
WAS 169.95
NOW
99.95
SUMMER COLOUR
GIFT CARD
WAS 169.95
NOW
99.95
FISH TANK STARTER KIT
WAS 449.95
NOW
279.95 TABLE MOUNTAIN CRUSH
WAS 69.95
AVAILABLE ONLINE AND IN STORE
NOW
39.95
Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Bergvliet 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400 Offer valid until 6 December 2020. While stocks last. X1WFLD7D-AL021220