BELLVILLE
Woensdag, 5 Augustus 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos:
nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
TygerBurger
Teken in by www.netwerk24.com.
Off to Brazil! Richard Kohler is set to row on a solo mission from Cape Town to Brazil in December. Kohler was the first to paddle the entire circumference of the South African coastline in 2012. He will be paddling 6 700km unsupported from Cape Town to Brazil in aid of raising funds for Operation Smile. Read the full story on page 3.
MISDAADSTATISTIEK: BELLVILLE ONDER TOP-30 MET DIEFSTALVERWANTE MISDAAD
Moordsyfer styg skerp NIELEN DE KLERK @nielendk
D
ie getal moorde wat in Bellville gepleeg is, het die afgelope boekjaar weer eens skerp gestyg, wys die jongste misdaadstatistieke. Boonop is die Bellville-polisiekantoor onder die top30 landswyd as dit by verskeie diefstalverwante misdade kom. Die statistieke, vir die 2019 tot 2020-boekjaar, is Vrydag deur die minister van polisie, Bheki Cele, bekend gemaak. Die groter Bellville-area het twee polisiekantore – een in Bellville en ’n kleiner een in Bellville-Suid. In Bellville het moord met 70% gestyg nadat die totale getal moorde van 10 tot 17 gestyg het. In Bellville-Suid het hierdie syfer met ’n allemintige 166,7% gestyg, nadat daar 16
moorde aangemeld is – 10 meer as in die vorige jaar. Hierdie statistieke strook met die landswye toename in moordsake, maar die nasionale styging van 1,4% is in skreiende kontras met die twee plaaslike kantore se dubbelsyfer-statistieke. Landswyd is 21 325 moorde aangemeld, wat gelykstaan aan sowat 58 moorde per dag.
tale aantal kontakmisdaadsake het ook met 2,6% gedaal ten spyte van die hoë moordsyfer en ’n styging in seksuele oortredings (30,4%, altesaam 30 sake), poging tot moord (44,5%, altesaam 26 sake) en aanranding met die doel om ernstig te beseer (3,4%, altesaam 122 sake). By dié kantoor het die volgende gedaal: aanranding (-19.1%, altesaam 152 sake) en diefstal (-14.7%, altesaam 64 sake).
‘Kontak’-misdrywe Wanneer dit by ander kontakmisdaad kom, het die Bellville-polisiekantoor in die algemeen ’n daling gesien. Die misdaadsyfer het afgeneem wat betref seksuele oortredings (-24%, altesaam 49 sake), poging tot moord (-31%, altesaam 11 sake) en aanranding met die doel om ernstig te beseer (-12%, altesaam 90 sake). Die getal kontakmisdaadsake het in geheel met 7% gedaal. Die polisiekantoor in Bellville-Suid se to-
Onder die top-30 landswyd Die Bellville-polisiekantoor het ’n ernstige probleem met diefstal, dui die statistieke. Die kantoor is onder die top30 landswyd as dit by verskeie diefstalverwante kategorieë kom: diefstal (16de), diefstal uit ’n voertuig (12de), misdaad verwant aan ’n eiendom (19de), diefstal nie elders gemeld (20ste), kommersiële misdaad (23ste), winkeldiefstal (7de) en “ander ernstige misdaad” (13de). Een ligpunt is dat al hierdie katego-
APPLICATIONS
open
rieë ’n daling in sake getoon het. Die aantal sake is as volg: . Diefstal (16de): 323 sake – 8,5% minder sake as verlede jaar is aangemeld; . Diefstal uit ’n voertuig: 1 068 sake – 9,2% minder; . Misdaad verwant aan ’n eiendom: 2 079 sake – 6,6% minder; . Diefstal nie elders gemeld (20ste): 1 358 sake – 13,9% minder; . Kommersiële misdaad (23ste): 555 sake – 0,5% minder; . Winkeldiefstal (7de): 555 sake – 14,2% minder; . “Ander ernstige misdaad” (13de): 2 468 sake – 11,3% minder. Die kantore se onderskeie hoofde, brig. Phindiwe Ntungele by Bellville en kol. Dirk Rademeyer by Bellville-Suid, is genader vir kommentaar. Hulle het nie teen druktyd gereageer nie.
Building South Africa’s future, by creating yours... #CPUT2021
2021
Apply online for over 70 career-focused courses at www.cput.ac.za/study/apply +27 (0)21 959 6767 info@cput.ac.za A T H L O N E
@cput @wearecput
B E L L V I L L E
D I S T R I C T
www.cput.ac.za www.facebook.com/cput.ac.za S I X
G E O R G E
G R A N G E R
B A Y
M O W B R A Y
W E L L I N G T O N
W O R C E S T E R