Tygerburger Bellville 07032018

Page 1

BELLVILLE

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA Voted as the No. 1 supplier of Vehicle Spares in the Western Cape (Die Burger, 30 October 2017). Thank you for your loyal and on-going support. At Goeie Hoop Onderdele we go out of our way to keep our customers satisfied. PROUD SERVICE

Woensdag, 7 Maart 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

10 Taurus Street, Brackenfell • Tel (021) 981 4501 www.gho.co.za • info@gho.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

DE LA HAYE: SEUN HELDER OORDAG OP SKAATSPLANK DOODGERY

‘Sonskynkind’ sterf NIELEN DE KLERK @nielendk

’n

“Sonskynkind” wat saam met sy vriende op skaatsplanke gery het, is Saterdag helder oordag doodgery. Chris Coetzee (16) van De La Haye was die vriendelikheid self, het sy gebroke ma, Helen, vertel. “Vir my is dit is baie rou op die oomblik,” het Helen gesê. Hy en drie vriende was omstreeks 15:27 naby die kruising van Bill Bezuidenhout-rylaan en Jessestraat toe die bestuurder van ’n VW Polo beheer van sy voertuig verloor het en Chris getref het. Die bestuurder (28) het na bewering gejaag. “My arme kind het nie ’n kans gestaan nie,” het Helen gesê. Volgens Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van die verkeersdienste in die Stad Kaapstad, is die bestuurder ernstig in die voorval beseer. Volgens lt.kol. Fienie Nimb, woordvoerder van die Bellville-polisiekantoor, is ’n saak van strafbare manslag aanhangig gemaak. Chris was voorheen in Jan Krielskool in Kuilsrivier en het die afgelope paar maande saam met sy pa, Terrance, by die gesin se motorhuisoutomatiseringsonderneming gewerk, vertel Helen. Hy was baie betrokke by die AGS-kerk se jeugaksie in Bellville en het ’n wye vriendekring gehad. Wayne de Vos, jeugpastoor by die kerk, sê hy sal Chris altyd onthou vir hoe hy gelag het. “Hy was ’n baie spontane kind en het baie ander beïnvloed. Hy was baie lief vir sy skaatsplank.” De Vos sê Coetzee was altyd vroeg vir hul jeugaande en het meeste van die tyd amper laaste geloop. ’n Houtkruis is intussen teen ’n boom staan gemaak naby die plek wat Coetzee getref is. “Rus sag my seun,” staan daar op geskryf. “Jy was baie gelief en ons gaan jou baie mis.” Begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie gefinaliseer nie. V Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

’n Houtkruis staan naby die plek waar Chris Coetzee (16) in Bill Bezuidenhoutrylaan doodgery is. FOTO: NIELEN DE KLERK

WATERLESS GARDENING SPEKBOOM WAS R59.95

NOW R27.95

RETAINER BLOCKS WAS R44.95

NOW R24.95

RED GRAVEL PEBBLES 10KG WAS R69.95

NOW R29.95 RIVER ROCK LARGE 15KG WAS R49.95

NOW R29.95

FLAGSTONE PAVER 200X200X50MM WAS R16.95

NOW R8.95

www.stodels.com

ASSORTED SUCCULENTS WAS R24.95

NOW R14.95

FLOWERING VYGIE (LIMITED STOCK) WAS R49.95

NOW R24.95 FLAGSTONE PAVER 400X400X50 WAS R69.95

NOW R34.95 RIVER MIX 20KG WAS R99.95

FLAGSTONE PAVER 215x440 WAS R29.95

NOW R19.95 BARK 60DM WAS R69.95

NOW R49.95

NOW R49.95 Offers valid until 11 March 2018. While stocks last.

Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Constantia 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400 X1UCY771-AL070318


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Tygerburger Bellville 07032018 by Tygerburger Newspaper - Issuu