Tygerburger Bellville 13 Junie 2012

Page 1

BELLVILLE

B u r g e r E -pos: tyger@dieburger.com

Woensdag 13 Junie 2012

Tel: 021 910 6500

Faks: 021 910 6501

) Derek Bock maak nie net beloftes nie, hy dóén sy ding

Operasie Skoonmaak Derek Bock met ’n Voortrekker­ weg nog vol probleme agter hom.

MARANA BRAND VAN HULSTEYN

Foto: Carina Roux

Hier is hy – die man wat sê hy kan Voortrekkerweg in Bellville en Parow van gemors en misdaad skoonmaak. En Derek Bock sê hy is nie ’n man wat beloftes maak wat hy nie kan nakom nie. Dis presies wat ons nou nodig het om die beloftes wat gemaak is rondom die VRCID (Voortrekker Road Corridor Improvement District), wat die gebied rondom Voortrekkerweg in Bellville en Parow insluit, uit te voer. Derek is pas aangestel as operasionele hoof van die VRCID en hy sê hy is nie bang om self sy hande vuil te maak nie. Hy is die man wat nou besig is om die plan van aksie op die tafel neer te sit en die spanne aan te stel wat Voortrekkerweg moet skoon kry. Die spanne haal amptelik op 1 Augustus vanjaar hulle hande uit die broeksakke en steek dit in die warm water. Op die oog af lyk dit of hierdie posisie Derek se kos is. Hy was immers ook operasionele hoof van die uiters suksesvolle skoonmaak van Kaapstad se middestad, nadat hy ’n jaar lank daar sekuriteitshoof was. Dié posisie was ’n natuurlike uitvloeisel van sy loopbaan van bykans twintig jaar by die weermag se leër-inligtingshoofkwartier in Pretoria. Hier het hy as lt.kol. uitgestap. Hy kom vinnig tot die punt. Die VRCID gaan immers nie oor hom nie. “Dis nodig dat ons ons openbare spasies soos die parke en strate terugeis. Die vrees in die strate moet verdwyn. “Saans lyk Voortrekkerweg soos ’n tronk. Dit moet snags weer oopmaak. Restaurante en koffiewinkels moet terugkom. Dit moet weer ’n behoorlike middestad word, waar mense in veiligheid kan koop en kuier. Groot eiendomsontwikkelings moet terugkom, soos dit ook in Kaapstad gebeur het. En ek wil binne ses maande ’n verskil sien: dit moet skoner en veiliger wees.” Dit klink amper soos ’n opdrag. En aan eiendomseienaars ís dit klaarblyklik. “Wees trots op jou eiendom en die spasie voor jou sake-onderneming. Maak dit skoon en maak dit mooi.

“Eienaars van probleemgeboue gaan beslis vasgevat word – as jou gebou nie reg is nie, maak dit reg. Ek het geen probleem daarmee om jou naam swart te smeer as jou gebou soos ’n hool lyk nie. “Ondernemings wat onwettig vullis stort, sal ook van ons hoor. Dit het my ontstel om te sien dat sommige sakeondernemings nie eens munisipale vullisdromme het nie. Onwettige vullisstorting is eenvoudig uit,” se hy beslis. Die stadsverbeteringsgebied se mandaat is om van misdaad en gemors ontslae te raak, om die basiese dinge reg te kry. “Op die misdaadfront gaan ons eerstens fokus op kleiner misdade. Wat skoonmaak betref, gaan ons met die sypaadjies, parke, mure en pale begin. As jy die basiese goed regruk, volg die res vanself. We will sweat the small stuff first,” sê hy. Hy reken deur anti-sosiale gedrag af te breek, behoort die hoë misdaadsyfer af te kom. “Iets soos ’n aggressiewe gebedelry in parkeerareas jaag mense weg, veral vroue voel onveilig. Ons wil juis hê mense moet terugkom, veilig voel.” Dis vir hom belangrik dat mense besef die stadverbeteringspan is nie daar om die Stad se werk oor te neem nie. “Ons is bykomend en aanvullend tot die Stad se pligte.” Waar gaan daar weggespring word? “Ons is nou besig om ons skoonmaakdienste en sekuriteitspan, of huurpolisie, aan te stel. Dié sal gespesialiseerde opleiding ontvang en uiteindelik die korridor 24/7 patrolleer. Hulle sal duidelik sigbaar wees.” Hy sê inwoners kan dié amptenare op straat vir hulp nader. Hulle sal ook in patrollievoertuie rondry wat duidelik gemerk is. Die beheerkamer se nommer sal vanaf 1 Augustus beskikbaar wees. Hy het ’n mondvol kwytgeraak, maar Derek is nie bang nie. “Ek het ’n passie daarvoor om plekke skoon en veilig te maak. Jy is ’n CIDpersoon of jy is nie. Kaapstad se middestad het in 2002 ook so gelyk. Dis ’n groot uitdaging om so ’n situasie om te draai, maar dit kan gedoen word.” Daar het ons dit nou. Die man het dit self gesê.

Celebrating 55 years! Trousers Jackets Suits

Was

Now

54 R29 R64 R35 R109 R49 R

37 Main Road, Durbanville (Between Spiros & Durbanville High)

Kommissaris Str, Welgemoed Plaza

Save 55%

on dry cleaning for trousers, jackets or suits C/O Plattekloof Rd. & Baronetcy Blvd, Plattekloof Village

Sanlam Head Office, Voortrekker Road

Old Paarl Road Nobel Park

021 948 5873

Valid until 31 July 2012 on presentation of this voucher • Valid once only - One per customer • Terms & Conditions apply

www.drycleaning4u.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.