BELLVILLE
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
FREE TREES GET A FREE TREE WITH AT LEAST 1 BAG OF COMPOST 15DM FOR R17
11 PERSEPT FAMILY T'C & C'S APPLY
X1TTGFYX-AL300817
Woensdag, 30 Augustus 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
OAKDALE: ‘VLOEDE’ OORSPOEL HUISE; AFGEBREEKTE BRUG GLO SONDAAR
H oogwater-hel! Hoogwater-hel!
Deodat Käsner bly al 38 jaar lank in dieselfde huis en het nog nooit so iets beleef nie. Tydens reën dam die water so erg in hul erf op, hulle kan nie hul swembad sien nie. FOTO: NIELEN DE KLERK
NIELEN DE KLERK @nielendk
H
ulle leef in vrees vir reën en het hul fone al voos gebel, maar vir weke kon niemand hulle help nie. Tientalle Oakdale-inwoners sit met hul hande in hul hare nadat daar skielik water in hul huise begin stroom elke keer wanneer dit reën. “Ons bly al 38 jaar lank hier en dit het nog nooit gebeur nie,” sê Martie Käsner. Dié buurt is langs die N1 tussen die Willie van Schoor- en Old Oak-afritte waar die WesKaapse departement van vervoer en openba-
UITKLOP BANDE PRYSE
re werke tans opknappingswerk uitvoer. Inwoners meen die vloede het eers einde Julie begin nadat sekere werk aan die N1 begin is. Party meen dit is stormwater-dreine wat geblokkeer is. Hoe dit ook al sy, vir weke is geen oplossing gebied nie en niemand wou verantwoordelikheid neem nie. As dit ’n klein bietjie water was, sou dit nog vir hulle aanvaarbaar gewees het, sê hulle. Maar só kan hulle nie aanhou leef nie. “As dit reën, lyk dit soos ’n rivier wat hier afkom,” vertel Bernys Jordaan. Jordaan moes al twee keer in ’n week die
vloere in haar huis laat oordoen nadat dit weens die water verrot het. Haar huis het die afgelope drie weke vyf keer oorspoel. Haar meubels staan op haar bed omdat sy en haar gesin moeg is om dit heeltyd te skuif. Sy moes ook al verlof neem om die probleem op te los en het gevoel sy kom nêrens nie. “Ek wil sommer huil,” vertel Jordaan. As dit gereën het, dikwels in die middernagtelike ure, moes die hele straat se mense mekaar help om die water met besems uit te vee. Met ’n onlangse reënbui het die water 20 cm binne net 5 minute gestyg. Nie net is verskeie meubelstukke en matte
verwoes nie, maar talle inwoners se betonmure en tuine loop deur. Meer as een inwoner is hewig ontsteld oor al die water wat gemors word. “Dit is skoon stormwater wat net verlore gaan,” vertel Deodat Käsner. Intussen is inwoners versigtig optimisties nadat ’n stormwaterdrein Maandag skoongemaak is en hulle gehoor het die probleem is nou finaal uitgesorteer. Teen spertyd het gister se reënbui nog nie in ’n vloed ontaard nie. Die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke het teen spertyd nog nie kommentaar gelewer nie.
MOTYRE FITMENT CENTRE SPESIALE AANBIEDINGE
13" BANDE 165/80R13 175/70R13
vanaf vanaf
R420.00 R440.00
14" BANDE 175/65R14 185/60R14 185/65R14
vanaf vanaf vanaf
R430.00 R485.00 R480.00
15" BANDE 195/50R15 185/65R15 195/65R15
Balansering en wielsporing vir slegs R250 BTW ingesluit. Verleng jou bande se leeftyd deur jou lug in jou bande te vervang met NITROGEN.
vanaf vanaf vanaf
R560.00 R525.00 R590.00
KOM BESOEK ONS VIR DIE BESTE PRYSE OP ALLE FABRIKATE PASSASIERS EN 4X4 BANDE
16" BANDE 205/55R16
vanaf
R600.00
17" BANDE 205/40R17 225/45R17
vanaf vanaf
R750.00 R720.00
4X4 BANDE 245/75R15 245/70R16 265/65R17
vanaf R1 500.00 vanaf R1 200.00 vanaf R1 400.00
Normale tarief vir montering
PENSIOENARISE KOM BESOEK ONS VIR SPIESIALE PRYSE
VIR VRIENDELIKE DIENS KOM BESOEK ONS BY 160 DURBAN WEG, BELLVILLE OF KONTAK JOHAN / RICARDO BY (021) 001 2699 DIENSTE WAT ONS AANBIED: - BANDE - SKOKBREKERS - BRIEKE - CV JOINTS - SUSPENSIE - ALLOY WIELE - TOWBARS - BATTERYE - MINI-DIENSTE - CLUTCHES X1TVM33M-AL300817