Tygerburger Bellville 20 June 2012

Page 1

BELLVILLE

B u r g e r E -pos: tyger@dieburger.com Woensdag 20 Junie 2012 Tel: 021 910

6500

Faks: 021 910 6501

MEESTERKOKKE

Ingrid Schwella en Anke Oberholster van Hoërskool Bellville, is hard aan die oefen in die skoolkombuis, vir ’n skolekompetisie vir sjefs waaraan hulle binnekort deelneem. Hulle was twee van 151 graad 11­leerders van oor die land wat ingeskryf het vir die Pick n Pay­sjefkompe­ tisie en is een van net 11 spanne landwyd wat as finaliste gekeur is. Lees die berig op bladsy vier. Foto: Carina Roux

) ‘Vermy straatsmouse’ vra polisie

Ruitveër­mafia woelig JANA BEKKER

Motoriste word gemaan om níé ruitveërs by straatsmouse te koop nie, aangesien dít bydra tot die vlaag van diefstal daarvan wat tans in Bellville voorkom. Ruitveërdiefstal is ’n geweldige probleem in Bellville en kaptein Fienie Nimb, woordvoerder van die Bellville-polisie, rig dié versoek tot motoreienaars. Deur by straatsmouse ruitveërs te koop, skep mo-

toriste ’n mark daarvoor. Jannie van der Westhuizen, eienaar van KwikFix in Durbanweg, sê by sy twee motorhandelaars en werkswinkel staan daar tot 60 motors snags op die perseel en dié diefstal is ’n deurlopende probleem. Hy sê dit wil voorkom of ruitveërdiefstal georganiseerd is, aangesien diewe die veërs behendig afhaal. “Die meeste mense weet glad nie hoe om ’n ruitveër af te haal nie, maar die feit dat die wel gedoen word sonder om die meganisme te

beskadig, beteken die diewe wéét wat hulle doen,” sê hy. Hoewel die diefstal reeds ’n geruime tyd plaasvind, het dit veral oor die afgelope ses maande skerp gestyg. Behalwe om die ruitveërs te herverkoop, bestaan die moontlikheid ook dat dwelmgebruikers die rubber gebruik as toerniket, wanneer hulle hul inspuit. Jannie sê hy het by ’n geleentheid haweloses op sy perseel betrap terwyl hulle mekaar inspuit. “Ons

weet nie meer wat om te doen om die diefstal te voorkom nie,” sê hy. Jannie sê ’n nuwe stel ruitveërs kos enigiets tussen R120 en R200. Hy sê sekere motors se ruitveërs is slegs by handelaars te kry, soos die nuwe Peugeot, sekere Volkswagenmake en Audi’s. Van dié veërs kos tot soveel as R1 000. Om te voorkom dat die ruitveërs gesteel word, haal dié motorhandelaar snags die veërs af wat afknip. Dieselfde word gedoen met die gesiggies van radio’s.

Nóg ’n motorhandelaar, Payne & Schietekat, langs KwikFix, loop gereeld deur onder ruitveërdiewe. Eienaar Bessie Bester sê ruitveerdiefstal vlam met tye op. “Soms word tussen drie en vyf motors op een slag geteiken, waarna dit vir ’n maand daarna weer stil is,” sê hy. Hy sê van die motors se ruitveërs, soos dié van ’n Citi Golf, is universeel en pas op enige motor, terwyl ruitveërs van motors soos ’n Audi en Renault anders lyk.

a medical scheme that gets it right Ethical conduct

Friendly and efficient service

4 options to choose from

Call 0860 73 53 63 SELFMED OFFERS YOU ALMOST 50 YEARS OF QUALITY CARE AND PEACE OF MIND SELFMED EST 1965 FSP LICENSE NO 15494

simplicity, sincerity, security, service


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Tygerburger Bellville 20 June 2012 by Tygerburger Newspaper - Issuu