BELLVILLE
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
Talitha le Sueur Bsc. Hons. (Stell.)
Registered Audiologist.
Practising at Lompré House Loerie Park • Paul Kruger Rd • Durbanville
• Evaluation of hearing loss for adults and children • Fitting of hearing aids • Variety of styles and makes supplied Reg No. AU 0000043
Tel: 021 976 2811
X1UEBK1D-AL210318
Woensdag, 21 Maart 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
‘Robotknievervanging’
Pieter Bakker (69) van Durbanville is die eerste pasiënt waarop ’n Navio-robotgeassisteerde knievervanging in die Tygerberg-hospitaal gedoen is. Met dié operasie help ’n “robot” die chirurge om knievervangingsprosedures te verbeter deur onder meer ’n 3D-beeld van die pasiënt se knie te vervaardig. Dit lei dokters om te weet waar en hoe hulle moet sny in ooreenstemming met die spesifieke pasiënt se afmeting. Die chirurg sny egter steeds self, verduidelik dr. Koos Jordaan. Hier is Bakker saam met personeel wat hom bygestaan het, (van links) sr. Marie Anthony (eenheidsbestuurder), Aviwe Ndakana (student), Anneke Loubser (fisioterapeut), Charmaine Nel (versorger), Denise Conradie (stafverpleegster), Colene Arries (student), Elize Koopman (assistent-verpleegster), dr. Koos Jordaan (ortopediese chirurg), sr. Heather Jefferies en sr. Sabina Alexander. Jordaan is bygestaan deur dr. Rainhard van Zyl en dr. Gerhard Pienaar. FOTO: NIELEN DE KLERK
PADONGELUK: ONAFHANKLIKE PARTYE BEWEER 16-JARIGE SEUN HET OOR ROOI LIG GERY
Skokdood skud baie NIELEN DE KLERK EN MICHELLE LINNERT @nielendk
C
hris Coetzee (16) se skokdood byna drie weke gelede het baie mense se lewens verander – sy ouers, vriende, familie en diegene wat die ongeluk aanskou het. Die tiener van De La Haye en sy drie vriende was die betrokke Saterdag omstreeks
15:27 by die kruising van Bill Bezuidenhoutrylaan en Jessestraat toe Chris deur ’n motor getref is. Hy is kort daarna oorlede. TygerBurger het aanvanklik berig dat die bestuurder van die motor glo gejaag het. Twee onafhanklike partye het intussen die koerant gekontak en gesê hulle glo Chris het met sy skaatsplank oor ’n rooi lig gery. ’n Ooggetuie, Fanie Bezuidenhoudt, be-
skryf die voorval as een van die grootste skokke van sy lewe. Hy was in Bill Bezuidenhoutrylaan op pad na Voortrekkerweg. “Die verkeerslig by Bill Bezuidenhoutrylaan en Jessestraat was groen vir verkeer in Bill Bezuidenhoutrylaan. Ek was in die regterbaan en het in my spieël gesien dat daar ’n motor seker so 50 m agter my was in die linkerbaan. Ek het ook gesien dat daar kinders aan die ander kant van die twee bane
was wat in die rigting van die N1 beweeg het.” Hy sê ongeveer 50 m voordat hy oor die kruising moes ry, het een van die seuns oor die rooi lig gery met sy skaatsplank. “Hoewel ek nie eens 60 km/h gery het nie, moes ek baie hard rem en uitswaai om die seun te mis.” Hy en dié seun het mekaar glo met omtrent vyf meter gemis. Wat daarna gebeur het, sal hom altyd bybly. V Na bladsy 2.