BELLVILLE
HAVE YOU BEEN INJURED? If you have been seriously injured in a motor vehicle accident, train accident, police shooting, or due to medical negligence, you may have a claim against a government department for compensation. We are personal injury attorneys, who specialise in serious injuries. We are prepared to work on a no win-no fee basis. For further queries, contact
B u r g e r
LESTER & ASSOCIATES ATTORNEYS
021 423 4601
E -pos: tyger@dieburger.com
Woensdag 15 Februarie 2012
Tel: 021 910 6500
Faks: 021 910 6501
) In huis om gloeilampe te vervang
Vrou van Eskom ‘vat ring’ JANA BEKKER
’n Ring van R24 000 wat onlangs uit ’n huis in Blommendal gesteel is, is dieselfde dag teruggekry, danksy knap speurwerk van lede van die Bellville-polisie. ’n Eskom-werknemer was na bewering by dié diefstal-voorval betrokke. Eskom is tans besig om huise te besoek as deel van ’n projek om gewone gloeilampe met energiebesparende lampe te vervang. Ná die Eskomwerker se vertrek verlede Dinsdag 7 Februarie van die huis van ’n 80jarige vrou, het sy besef haar ring is skoonveld. Die hulp van lede van die Bellville-polisie is ingeroep en die vroulike werknemer, wat huise in dié gebied besoek het, is met behulp van Eskom opgespoor. “Toe speurders haar konfronteer, het sy eers ontken dat sy die ring gesteel het, maar uiteindelik het sy met die sak patats vorendag gekom en erken sy het die ring vir haar kêrel gegee,” sê kaptein Fienie Nimb,
polisie-woordvoerder. Die kêrel is voor stok gekry en hy het speurders na die tweedehandse handelaar geneem aan wie hy die ring glo vir ’n skamele R600 verkwansel het. Die ring was steeds by die handelaar. Die Eskom-werknemer én haar kêrel is in hegtenis geneem vir diefstal. Die Polisie het die ring aan die eienaar terugbesorg. Oor dié projek, sê Nimb: “Ons wil graag dié projek ondersteun, want dit is ’n goeie inisiatief, maar ons versoek inwoners om níé die werknemersin vertrekke alleen te los nie. Sy sê om sulke voorvalle te voorkom, kan inwoners die energiebesparingsgloeilampe by hul voordeure ontvang en die oues self uithaal en aan werknemers oorhandig. “Inwoners word daarop gewys om nie enigeen in hul huise toe te laat sonder ’n geldige rede nie. Wanneer werkers wél in jou huis moet inkom, hou toesig oor hul doen en late,” sê sy.
“Toe speurders haar konfronteer, het sy eers ontken dat sy die ring gesteel het”
Gooi vir goeie saak Morné Moolman, kampioenspiesgooier van Hoërskool D.F. Malan, in aksie by ’n fondsinsameling vir Habitat for Humanity, wat verlede week by die skool gehou is. Leerders het vlaggies oral op die sportveld geplant om aan te dui waar hulle dink die spies te lande sou kom. Lees die berig op bladsy 3. Foto: Carina Roux