BRACKENFELL
Woensdag, 13 Mei 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
TygerBurger
Teken in by www.netwerk24.com.
‘Boks’ deliver food parcels Kraaifontein residents were surprised when Springbok players handed out food parcels as part of Be The Difference Foundation’s nutritional programme. Damian Willemse, Branco du Preez, Cheslin Kolbe and Justin Geduld were just some of the players who joined the foundation since the initiative started running daily seven weeks ago. The nutritional programme is one of the foundation’s programmes that run weekly, but now runs daily to bring relief to residents during the nationwide lockdown. The foundation hands out about 236 food parcels weekly in Bloekombos and Wallacedene among other locations. Here, Stormers player Scarra Ntubeni hands out food to a Kraaifontein resident.
BRACKENFELL: GRUWELAANVAL OP SEKERHEIDSBEAMPTE
Vrees vir styging in geweld DESIRÉE RORKE @dezzierorke
I
nwoners vrees ’n toename in geweldsmisdaad ná ’n gruwelaanval op ’n sekerheidsbeampte in Brackenfell laas week. Godfrey Moore, werksaam by SJC Sekuriteit, herstel tans tuis ná ’n aanval op sy lewe deur drie gewapende mans op Maandagoggend 4 Mei. “Met beperkte polisiesigbaarheid en geen buurtwagpatrollies, gaan misdaad heeltemal handuit ruk,” meen Charl du Toit, eienaar van SJC Sekuriteit. “Met nóg ’n maand sonder salarisse gaan meer mense begin steel en roof om aan die lewe te bly. Dis die realiteit. Die polisie kan nie oral gelyk patrolleer nie en indien buurtwagte nie terugkom op die pad nie, vrees ek dat geweldsmisdaad gaan toeneem. Misdadigers gaan nie meer wag vir mense om te slaap voor hulle inbreek nie; ek vrees dat ge-
sinne enige tyd van die dag beroof gaan word,” sê Du Toit. Moore het sy drie aanvallers twee dae voor die aanval tydens ’n nagtelike voetpatrollie in Protea Village gewaar. Hy het ’n waarskuwing aan hulle gerig dat SJC die area patrolleer. Volgens Du Toit het die mans hom toegesnou en gedreig hulle “gaan terugkom vir hom”. Min het Moore besef dié dreigement sou twee dae later amper sy lewe eis. Op Maandag omstreeks 01:30 het SJC se beheerkamer ’n noodroep van Moore ontvang. “Dieselfde drie mans het hom in die bosse naby die Crammix-grond op die hoek van Kruispad en Sauvignonstraat gelê en inwag. Dit was deel van sy patrollieroete. Hulle het hom oorval, oor die kop geslaan en toe met messe begin steek. Daar is geen twyfel dat dit ’n beplande aanval op sy lewe was nie. “Hy is talle kere in die kop gesteek en moes sy aanvallers alleen beveg. ’n Nabye inwoner het sy gille gehoor en alarm gemaak.
“Nadat die mans weggehardloop het, het die inwoner Moore te hulp gesnel en die bloeding probeer stop. Toe SJC op die toneel kom, het Moore minstens ’n halwe emmer bloed verloor en reeds sy bewussyn verloor,” sê Du Toit. Paramedici van Titanium Securitas het hom hospitaal toe gejaag. “Was ons tien minute later, twyfel ek of hy dit sou oorleef het,” sê du Toit. SJC se gewapende reaksieenheid en die Brackenfell-polisie het die drie mans sowat drie ure later in Wallacedene opgespoor, met die hulp van Moore se opsporingstoestel wat die verdagtes gesteel het. Die bebloede messe en ’n vuurwapen is in besit van die mans gevind. Op ’n medianavraag het Albert Fritz, provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid, verlede week beaam dat daar reeds ’n toename in misdaad bespeur word in die voorstedelike areas van die stad.
“Veral vandalisme op skole en sakerooftogte word aangemeld. Dit is waarskynlik dat ons in die komende weke ’n toename in misdaad kan verwag weens die ekonomiese spanning en buurtwagte wat nie mag patrolleer nie.” Fritz het ’n beroep gedoen op Bheki Cele, nasionale minister van polisie, om buurtwagte weer toe te laat om te patrolleer. “Ek sal aanhou om hierdie versoek aan hom te rig om te verseker dat ons gemeenskappe beskerm word.” Hy het private sekerheidsmaatskappye ook geloof vir die beskerming wat hulle gemeenskappe bied tydens die inperking. Die verdagtes, tussen 24 en 34 jaar, is aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer, gewapende roof, diefstal en die besit van ’n ongelisensieerde wapen. Hulle het in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn, waar die saak weer vandeesweek sal voorkom vir ’n borgtogaansoek.
BRITO’S
CHOICE
LOCKDOWN relief SPECIAL PORK PACK - BULK
CHICKEN FREEZER BAG - 3KG
99
.99 each
BRITO’S GRABOUW BOEREWORS R69.99 P/KG
29
12.99
HAM & TONGUE - 750G
18
.99 each
PRICES VALID AT ALL BRITO’S STORES FROM 11TH - 16TH MAY 2020
each
POCKET FRIENDLY POLONY COMBO CHEESY POLONY 250G + GARLIC POLONY 250G + FRENCH POLONY 250G
( CONSISTS OF CHOPS & STEW)
.99 p/kg
DICED BACON - 200G
20
.00
p/combo
While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za