TygerBurger Brackenfell - 15 July 2020

Page 1

BRACKENFELL

Cleaning

Party

Confectionery

CRAZY PLASTICS BELLVILLE 170 Durban Road, Bellville, Cape Town 021 949 8900

Woensdag, 15 Julie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

TygerBurger

Storage

Petware

Stationery

TRADING HOURS Mon-Fri: 09h00-18h00 | Sat: 09h00-15h00 Sun: 09h00 - 13h00 X1W88LK9-AL150720

Teken in by www.netwerk24.com.

DRANKVERKOPE: JONGTE ALKOHOLVERBOD LAASTE STROOI

Kuierplekke sluit dalk DESIRÉE RORKE @dezzierorke Eienaars van plaaslike kuierplekke is onkant betrap deur die hernieude alkoholverbod wat Sondag deur pres. Cyril Ramaphosa afgekondig is. Dié ondernemings kan nie meer oorleef nie en finansiële “suurstoftenks” is besig om leeg te raak. “Ons het verwag dat Sondag se aankondiging restaurante en kroeë sou toelaat om van einde Julie weer drank op die perseel te verkoop. Ná meer as drie maande van normale uitgawes en minimale inkomste was dit ons laaste hoop,” het Sandra Henderyckx, eienaar van Highlander Pub & Grill in Brackenfell, Maandag aan TygerBurger gesê. Henderyckx kon sedert Junie nog met buiteverbruik-alkoholverkope haar onderneming aan die gang hou, maar sal voorts net op haar kombuis-omset aangewese wees. “Die kombuis is oop, maar maak nie juis geld nie. Jy moet ’n trok vol hamburgers verkoop om genoegsame winste te toon. As ons net alkohol sou kon verkoop tot 18:00 in die aande sou dit ’n reuseverskil gemaak het. “Ons sal iets moet doen, maar ek weet nie wat nie. Dit maak nie meer sin nie en as dinge nie gou verander nie, twyfel ek of enige plaaslike kuierplek staande gaan bly.” Die onderneming kon tot nou toe nog sy agt werknemers se salaris betaal en Henderyckx leef in die hoop dat toekomstige ondersteuning vir kosverkope voortgesette salarisse vir haar werknemers sal moontlik maak. “Dit gaan nou bloot om oorlewing vir my werknemers. Hulle het net vir twee maande geld van die WVF gekry en sonder hul salaris en met geen voedselhulp van die staat sal hulle omkom van die honger.” Ruben Louw, eienaar van Bok Lounge in Brackenfell-Sentraal, moes noodgedwonge 16 van sy 18 personeellede laat gaan. Louw het die onderneming net ses maande gelede gekoop en moet nou besluit of hy sy deure permanent gaan sluit en of hy die onderneming vir nog ’n paar maande met kontantreserwes aan die gang gaan hou. “Ek moet besluit of dit goedkoper gaan wees om toe te maak of om my spaargeld in ’n donker gat te gooi. Ons kan nie meer asem-

haal nie,” sê Louw. Soos Henderyckx maak Bok Lounge se kombuis weinig wins, maar dit betaal ten minste die twee oorblywende personeellede se salaris. Skaars twee straatblokke weg van Bok Lounge staar Ampie Spreeth, eienaar van Sports Fan Pub & Grill in Ferndale, dieselfde werklikheid in die gesig. Ook hy moes twee

personeellede laat gaan. “Met die hernieude drankverbod lyk vooruitsigte weer baie sleg vir restaurante en kroeë. Ten spyte van onderhandelings met die regering, loop die bedryf homself herhaaldelik in mure vas,” sê Spreeth. Drankverkope was tot en met die inperking tussen 70 en 80% van die onderneming se totale omset.

Spreeth sê sy omset beloop tans 10% van die normale. “Ons het tevergeefs baie geld uitgelê om Covid-19-veiligheidsmaatreëls na te kom. Mense ondersteun nie restaurante nie – deels omdat dit tans baie anti-sosiaal is, maar ook omdat baie se besteebare inkomste verminder het. As dinge nie teen September verander nie, twyfel ek of ons die mas gaan opkom,” sê hy.

Shake it with an elbow bump

Riley Strang (4) from Durbanville and Caleb Stephen (3) from Brackenfell were very eager to show off the new way of greeting friends with an elbow bump when they returned to preschool last Tuesday (7 July). Curro Castle Durbanville is one of several preschools that reopened last week. Read more on page 2. PHOTO: TANYA LOYNES

PORK RASHERS

R3995 /kg

PORK BANGERS

R3995

/kg

Giving you the lowest prices during lockdown ®

BACK BACON

R6795

/kg

Prices valid till 18 July 2020. Whilst Stocks Last.

| Tel: 021 981 8823 | 5 Lood Street Brackenfell www.ranchmeat.co.za | Tel: 021 773 0324 | Corner of Hunters Lane and Main Road, Somerset West

Mon – Fri 08:00 – 18:00 Sat 08:00 – 15:00

FOLLOW US

ON FACEBOOK X1W8BB76-AL150720


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.