TygerBurger Brackenfell - 17 July 2019

Page 1

BRACKENFELL Ruff Tung Inclusive to sparkle at our Women’s Day event P. 4 Woensdag, 17 Julie 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

TygerBurger 11 tydskrifte + 35 koerante

@TygerBurger

Netwerk24. Alles op een plek.

Teken in by www.netwerk24.com.

Fighting hunger On Saturday 13 July CapeGate Shopping Centre in collaboration with Rise Against Hunger, along with a few volunteers packed a staggering 11 016 meals for charity. These meals will feed 55 children, five hot meals per week for a year.

KRAGTARIEWE: KAAP HET MEER BETAAL AS WAT NERSA VOORSTEL

Publiek moet ingryp DESIRÉE RORKE @dezzierorke

K

apenaars betaal deur hulle ore vir krag. So meen die aksiegroep Stop COCT wat ’n ernstige beroep op die publiek doen om die energiereguleerder (Nersa) vir publieke vergaderings te nader. Kaapstad se kragheffings is vanjaar met 8.8% verhoog. Dié heffing van R150 per maand is verlede

jaar op 1 Julie ingestel vir alle eiendomme met ’n munisipale waarde van R1 miljoen wat voorafbetaalde kragmeters gebruik. Eiendomme met ’n waarde van meer as R400 000 wat nie voorafbetaalde kragmeters gebruik nie word oor dieselfde kam geskeer. Die heffing is vanjaar vanaf 1 Julie verhoog na R163.50. “En dít na groot publieke omstredenheid en besware,” sê Sandra Dickson van Stop COCT. “Nuwe waardasies het ook baie eiendomme oor die R1 miljoen kerf gestoot,” sê sy.

Die afgelope paar weke het Nersa soortgelyke heffings in Johannesburg en Tshwane ondersoek wat dié stede nou ook in hul nuwe begroting vir 2019/2020 wou instel. “Na die ondersoek het die Johannesburg se stadsraad besluit om die heffing te skrap en Tshwane is sewe dae kans gegee om hul berekeninge aan Nersa te verduidelik,” sê Dickson.

Stad volg nie Nersa se voorstel Tesame met die vasgestelde R150 kraghef-

fing van die 2018/2019 finansiële jaar, het die publiek in Kaapstad ook tot en met 18% meer betaal vir krag as wat dit in dieselfde jaar deur Nersa vir die Stad Kaapstad vasgestel is. Kraggebruikers onderworpe aan die sogenaamde huishoudelike of domestic tarief, wat tussen 0-600 kilowatt-uur (kWh) per maand gebruik, het R1.82 per eenheid betaal, terwyl Nersa ’n tarief van R1.58 voorgestel het. Dit is 15.5% meer as Nersa voorgestel het. V Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.