BRACKENFELL
Woensdag, 1 Julie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
Herfsglorie in winter
Hierdie foto van ’n blok pinotage-wingerd op die Meerendal-wynlandgoed aan die Vissershokpad buite Durbanville is gedurende die vorige stormweer in die Kaap geneem. FOTO: RETHA WEPENER
DIACONIA: COVID-NOOD NEEM TOE
Kerk skenk miljoene D
iaconia, die eenheidsbediening van die NG Kerk Wes-Kaapland en die VGK Streeksinode Kaapland, het sedert die begin van die Covid-19-pandemie reeds skenkings van meer as R2,2 miljoen aan gemeenskappe gemaak. Teen einde Mei is daar donasies aan onder meer 161 VGK- en NG-gemeentes reg oor die provinsie gegee om hoofsaaklik voedselsekerheid in die mees kwesbare gemeenskappe te verbeter. Dit sluit die verspreiding van kospakkies, voorbereide maaltye, sowel as koopbewyse, in. Verdere bydraes is ook gemaak om maskers, sanitasiemiddels en ander beskermende kleredrag vir noodsaaklike diensverskaffers te voorsien. Gemeentes van Vishoek in die suide van die Kaapse metropool tot Alexanderbaai in die noorde van die Weskus is reeds só ondersteun. Volgens Nioma Venter, predikant in sinodale diens vir Diaconia, speel koördinasie
’n kernrol in hul hulpverleningsaksies. “Individuele gemeentes is reeds langer as twee maande besig met omvattende uitreikprojekte, maar dit is nie in die lang termyn finansieel volhoubaar nie. Daarom moedig ons gemeentes aan om deel te word van netwerke wat reeds in die spesifieke gemeenskap aktief is. Só word hulpbronne saamgevoeg, die duplisering van hulpverlening uitgesny en maak ons seker dat soveel mense as moontlik bereik word.” Sy doen egter ’n dringende beroep op lede van die publiek om eers hul plaaslike gemeentes vir hulp te nader. “Diaconia kan nie op ’n individuele basis hulp verleen nie, dus is die proses is net meer toeganklik en vinniger as mense by hul plaaslike gemeente aanklop vir hulp. Die fonds ondersteun gemeentes met plaaslike uitreikprojektes. Diaconia voorsien dat die nood gaan toeneem,” sê Venter. V Stuur ’n e-pos aan diaconia@kaapkerk.co.za vir navrae.
Heidekoppie en ander NG gemeentes in Brackenfell het hande gevat met ander organisasies soos Shiloh Synergy, MES en die plaaslike owerhede om die nood van die gemeenskap te verlig. Van links sit Anton Roux, Quinton Bosch en Ettienne Pio van Heidekoppie hand by met die verpakking van kospakkies.