BRACKENFELL
Woensdag, 27 Januarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
TygerBurger
Teken in by www.netwerk24.com.
BRACKENFELL: FONDS GESTIG VIR SEUN SE MEDIESE KOSTES
Branden op herstelpad DESIRÉE RORKE @dezzierorke
N
á ’n ernstige motorfietsongeluk in Desember is Branden Warwick (18) van Brackenfell se drome tydelik op ys gesit. Ná talle operasies is hy verlede week oorgeplaas na die rehabilitasiesentrum by die Vincent Pallottihospitaal, waar sy lang pad om ten volle te herstel begin het. Warwick, wat in 2020 onderhoofseun van die Hoërskool Brackenfell was, sou vanjaar sy studie in hernubare energie aan Boland Kollege in die Strand begin het. Maar as gevolg van die ongeluk kon hy nie die laaste drie vraestelle van sy matriekeksamen skryf nie en weens sy beserings en rehabilitasie sal hy ook nie vanjaar met sy studie kan begin nie. Hy het dus sy studiebeurs verbeur. Hy was omstreeks 21:00 op pad huis toe op 8 Desember toe hy ernstig beseer is toe ’n voertuig op die hoek van De Bron- en Brackenfellboulevard voor hom ingery het. “Hoe vinnig kan ’n mens se lewe nie verander nie? ’n Aankomende bakkie uit die rigting van Cape Gate het regs voor hom ingedraai terwyl hy van Glengarry se kant deur ’n groen verkeerslig gery het,” verduidelik Elsabè van Wyk, ’n familievriend. Warwick het veelvuldige beserings opgedoen – onder meer bloeding en swelling op die brein, ’n groot oop wond aan sy linkerbeen, asook frakture aan sy gesig, arms en vingers. Hy is in die Vincent Pallotti-hospitaal opgeneem waar hy eers drie weke lank onder verdowing gehou is. Gedurende die dag kon hy self asemhaal, maar hy is snags aan ’n ventilator gekoppel. “In hierdie tye is dit angswekkend om te dink jy moet in ’n hospitaal lê vir enige ander rede as Covid-19. Ons kan die hospitaal net
Branden Warwick is hier voor die ongeluk op die drumpel van sy volwasse lewe. Hy was onderhoofseun van die Hoërskool Brackenfell. bedank vir sy streng maatreëls om te verseker almal word veilig gehou,” sê Van Wyk. Daarna moes hy die afgelope vyf weke talle operasies ondergaan. In die rehabilitasiesentrum ontvang hy tans intensiewe fisio- en spraakterapie. “Dit is nog nie bevestig hoe lank hy in die rehabilitasiesentrum sal bly nie, maar ons is net baie dankbaar dat Branden so vasberade is om ten volle te herstel. Familie en vriende het intussen ’n rekening op die Backabuddyplatform gestig om die familie by te staan met finansiële hulp vir sy mediese en rehabilitasiekoste. Volgens Van Wyk is sy mediese koste baie hoog en dek die mediese fonds nie al die gespesialiseerde mediese hulp wat hy benodig nie. “Ons wens hom net sterkte toe en glo dat hy 100% sal herstel. Daar is soveel vir ons om voor dankbaar te wees – al was dit ’n maand van hel om hierdie pad tot hier te stap,” sê Van Wyk. V Besoek www.backabuddy.co.za/branden vir meer inligting.
C SMOKED VIENNAS 500G + SMOKED RUSSIANS 500G STAY HOME COMBO
35.00
SUNRISE COMBO
p/combo
10
p/kg
750G COMBO
p/combo p/combo
35.00
TO
72.99
p/bag
IC PP
2 X SKY OLIVE OIL BLEND 1L
p/combo
stayhome savings
ALBERTINIA BRAAIWORS - 2KG
2
R for
HAM TONGUE - 750G + CHILLI LOAF - 750G
60.00
R VE A S
29.99
Buy
2 X PRIME CUT BACON 200G + EGGS LARGE 18'S
STOKVEL OPTIONS AVAILABLE
CHICKEN FAMILY BRAAI PACK
80
BO M CO
bo m o
BO
M
CO
Branden in die Vincent Pallotti-hospitaal, waar hy in Desember drie weke lank onder verdowing was.
80.00
FOR 2
AIRTIME AVAILABLE AT ALL STORES
K
PORK PACK BULK - 2KG (CHOPS & STEW)
110.00 each
PRICES VALID AT ALL BRITO’S STORES FROM 27TH JANUARY TO 2 ND FEBRUARY 2021. @britosmeatcentre
While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Inform ation: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymo r, Stikland, 7535. www.britos.co.za