BRACKENFELL 58” 58″ 4K UHD SMART LED - 58A6100UW
x3 TV LICENCE & ID REQUIRED WITH THE PURCHASE OF ANY TV
PRICE
FREEZE
x2
4
Year Guarantee
R6
was R8 999
999
Valid @ all branches until Tuesday 16 June 2020 - While stocks last
BELLVILLE - 021 944 3330
Woensdag, 3 Junie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
TygerBurger
E&OE
Teken in by www.netwerk24.com.
Audrey du Toit, mediese beampte van die Laerskool Brackenfell, verwelkom Santie Groenewald, een van die skool se veterane, met ’n moderne koorsmeter by die ingang toe onderwysers verlede Maandag vir diens aangemeld het.
SKOLE HEROPEN: GRAAD 7- EN 12-LEERDERS VERWELKOM
Streng protokol by skole DESIRÉE RORKE @dezzieororke
S
kole in Brackenfell het Maandag ná twee maande weer hul deure geopen vir graad 7- en 12-leerders volgens die nasionale inperkingsregulasies. Volgens Faffa Coetzee, skoolhoof by die Laerskool Brackenfell, het die skool tot dusver die koronavirus vrygespring met nie ’n enkele geval onder die skool se personeel, leerders of ouers nie. “Die Brackie-onnies kon nie wag om weer te begin werk nie en was verheug om hul ge-
maskerde kollegas ’n elmbogie te gee met die blye weersiens,” sê ’n woordvoerder van die skool. Coetzee het reeds die vorige week saam met sy bestuurspan begin werk. Hy het sy span van 125 onderwysers, nasorgpersoneel, skoonmakers en administrasiepersoneel terugverwelkom en onderwysers geloof vir die bydraes wat hulle gemaak het om leerders tydens die inperking by te staan. “Die hele skool is gereinig en volkome veilig en gereed vir die 198 graad 7’s se terugkeer,” sê Coetzee. Ook by die Laerskool Bastion het 234
graad 7’s weer die skoolkwartaal hervat, onderhewig aan departementele veiligheidsmaatreëls. Die skole se Covid-19 protokol vereis dat die skoensole en hande gereinig moet word van alle persone wat die skoolperseel betree. Daarmee saam sal ’n Covid-19-skandering plaasvind, waartydens ’n simptome- vraelys beantwoord moet word. Persone met Covid19-simptome sal nie in die skoolgebou toegelaat word nie en leerders met simptome moet tuisbly. Sosiale distansiëring van 1,5 m tussen leerders sal in al die klaskamers en gange gehandhaaf word.
“Die klasse word in twee gedeel met net die helfte wat elke dag skool toe kom. Nie een klas het dus meer as 20 leerders nie. Elke dag se periodes word die volgende dag herhaal vir die tweede helfte van die klas. Dit beteken een normale week word nou in ’n tweeweek-siklus gedoen,” verduidelik ’n woordvoerder van die Laerskool Brackenfell. Daar sal ook nie klasse geruil word nie. Indien ’n leerder tydens klastyd ’n koors van 38°C ontwikkel, sal hy vergesel word na die siekeboeg en sy ouers of voog sal gekontak word. V Na bladsy 8
NOT ONLY A PLASTIC SHOP Elbow Operated SANITIZER DISPENSER
the original plastic shop Crystal Wine Glasses FROM
SPECIAL Worm Farms
R370
ADULT & KIDDIES TEXTILE MASKS Exciting designs
BOTTLES AND DISPENSERS
R22
Hand Sanitizer FROM
R16
FACE MASKS
3 Montague Drive Montague Gardens - Tel: 021 5515790 – www.plasticsforafrica.com
WHILE STOCKS LAST. X1W6BP95-AL030620