TygerBurger Brackenfell - 5 August 2020

Page 1

BRACKENFELL

Woensdag, 5 Augustus 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

TygerBurger

Teken in by www.netwerk24.com.

Fundraising initiative a success Dressed in fairy outfits, members of non-profit organisation Fountain Angels Pantry, participated in a fundraising initiative at the traffic lights opposite Okavango Crossing Shopping Centre, with hopes of raising enough money to help provide food to 100 Kraaifontein and Brackenfell families. Hooting motorists participated, by donating cash to the “fairy godparents”. Pictured here are, front: Lynne Louw, Cheryl Wilson, Lesley Forbes and Annelie van Rensburg. Back: Candice Damon, Celeste-Mellet Groenewald, Sonja Viola, Patrick Erasmus and Maria Erasmus. Read more on page 9.

STATISTIEK: DÍS WAT MINISTER SÊ OOR BRACKENFELL

Afname in misdaad DESIRÉE RORKE @dezzierorke

M

isdaad in Brackenfell het ’n algemene afname getoon in die boekjaar 31 Maart 2019 tot 1 April 2020, volgens die nasionale misdaadstatistieke wat op Vrydag 31 Julie deur die minister van polisie, Bheki Cele, vrygestel is. Geweldsmisdaad (kontakmisdaad) soos moord (5), roof (49), aanranding (181), seksuele misdaad (27) en roof met verswarende omstandighede (81) is gesamentlik 5% af teenoor die vorige jaar. Volgens die Brackenfell-polisie is dié moorde meestal in ander gebiede gepleeg, maar word die lyke aan die buitewyke van

Brackenfell gestort. Poging tot moord (6) en aanranding (32) met die opset om ernstig te beseer het egter toegeneem met onderskeidelik een en 12 sake. Die stasiebevelvoerder, kol. Jacobus Marthinus, sê die veldtog om drankmisbruik en gesinsgeweld teen te werk sal met erns voortgesit word. Agtien sake van verkragting is aangemeld – twee meer as verlede jaar. “Uiteraard is dit ’n bekommernis, maar ook ’n aanduiding dat meer vroue na vore kom om verkragting aan te meld,” sê Marthinus. In die meeste van die sake, volgens die Brackenfell-polisie, is die oortreder aan die

slagoffer bekend. Die getal rooftogte by ondernemings (17) en inbrake by ondernemings (123) is nog steeds kommerwekkend, sê Marthinus. “Met die hulp van plaaslike sekerheidsmaatskappye sal voortgesette strategieë aangepas word,” sê hy. Eiendomsmisdaad het ’n algehele afname van 16% getoon. Huisbraak (242) het met 120 sake verminder, motordiefstal (90) met 33, en diefstal uit motorvoertuie (445) met 12. Volgens Marthinus is sigbare polisiëring, met die samewerking met buurtwagte en plaaslike sekerheidsmaatskappye, die grootste bydraende faktor tot dié sukses. Ses huisrooftogte is aangemeld, teenoor die vorige jaar se 12. So ook het voertuigka-

PORK RASHERS

BACK BACON

R3995

R6795

/kg

/kg

pings (6) met ses gevalle gedaal teenoor die vorige jaar se 12. Witboordjiemisdaad wat bedrog en kubermisdaad insluit, het met 132 sake tot 298 gestyg. “Baie bewusmaking is nog nodig om die gemeenskap in te lig oor veral internetswendelary wat hoogty vier in Kaapstad,” sê Marthinus. Dwelmverwante arrestasies (178) het met 23 sake toegeneem as gevolg van ondersoeke wat deur die polisie geïnisieer is. Ten laaste is 152 mense in die boekjaar in hegtenis geneem vir dronkbestuur, teenoor die vorige jaar se 160. Marthinus bedank al die personeel by die Brackenfell-polisiekantoor vir hul toewyding en harde werk in die afgelope jaar.

R29995

Giving you the lowest prices during lockdown ®

PORK BANGERS

R3995

/kg

Prices valid from 5-11 Aug 2020 Whilst Stocks Last.

www.ranchmeat.co.za | Tel: 021 981 8823 | 5 Lood Street Brackenfell

Mon – Fri 08:00 – 18:00 Sat 08:00 – 15:00

FOLLOW US

ON FACEBOOK X1W991NR-AL050820


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.