TygerBurger Brackenfell 20170809

Page 1

BRACKENFELL

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

AUGUST DISCOUNT AVAILABLE ON SELECTED MODELS

Bellville | Tel: (021) 949 -2900 www.earinstitute.co.za Woensdag, 9 Augustus 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Maansverduistering Die maan op sy mooiste Maandagaand in Brackenfell. ’n Maansverduistering vind plaas wanneer die aarde tussen die son en die maan verbybeweeg en sy skadu op die maan gooi. FOTO: STEHAN SCHOEMAN

TOLLIE VAN DER WESTHUIZEN: BELÊ GLO NOOIT EIE GELD IN PROJEKTE NIE

‘Hy skuld my R42 000’

SALETTE CLOETE

“H

y skuld mý ook geld,” sê Cheryl van Wyk, ’n Brackenfellse sakevrou, oor die bouer Tollie van der Westhuizen, wat onlangs weer die media gehaal het oor uitstaande skuld en leë beloftes. Van Wyk beweer Van der Westhuizen het sy maatskappy Fynbosland laat likwideer, wetend dat hy haar steeds geld skuld. “En my maatskappy is nie die enigste wat hy ‘ingeloop’ het nie. Baie mense wil nie praat nie; hulle verkies om liewer aan te gaan en hul lewens weer van die grond af op te bou.”

Daar is voorheen in TygerBurger van 26 Julie (“Vangnet span stywer om bouer”) oor nóg ’n skuldeiser van Van der Westhuizen berig. In dié berig beweer James Vos, ’n parlementslid en DA-woordvoerder oor toerisme, dat Van der Westhuizen hom glo R770 000 skuld, en dat ’n hof beveel het dat dié bedrag aan Vos terugbetaal moet word. Vos het ’n koopkontrak aangegaan om vir sy bejaarde pa ’n huis te koop. Die geld is oorbetaal, maar hy het maande later besef die projek sou nooit realiseer nie, en het ’n regsgeding teen Van der Westhuizen van stapel gestuur om te probeer om sy geld te her-

win. Die grond in Malmesbury waarop die huis vir sy pa gebou sou word, het glo nie aan Van der Westhuizen behoort nie. Van Wyk sê sy sukkel reeds sedert Mei 2015 om haar R42 000 uit hom te kry. Sy het TygerBurger gekontak nadat die berig oor Vos verskyn het. TygerBurger het verlede week begin om e-posnavrae aan Van der Westhuizen te rig oor Van Wyk se geld, waarna sy ons laat weet het dat hy haar daarna, op Saterdag 5 Augustus, gebel het om te herinner aan ’n “ooreenkoms” tussen hom en Van Wyk waarin hy glo in 2015 beloof het om R1 000 per maand

aan haar terug te betaal. Hy het hierdie skrywes ook aan TygerBurger gerig. Van Wyk was dit egter Maandag eens dat hy haar Saterdag vir die eerste keer in maande weer gekontak het om oor hul ooreenkoms te praat. Sy beweer ook voorts dat Van der Westhuizen nog nooit enige van sy eie geld in enige projek gesteek het nie. “Hy sal altyd beleggers kry of iemand se geld vat en dit in ’n nuwe projek belê, maar dié projekte word nie voltooi nie,” het sy aan TygerBurger gesê. V Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Brackenfell 20170809 by Tygerburger Newspaper - Issuu