BRACKENFELL
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
Electricity Cost Hurting Your Pocket ? Save at least R 500 pm with a Solar Water Heater from only
R 399 pm Tel. 0861 115 115
www.mrsola.co.za
Woensdag, 6 September 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
PARTYWOELINGE : ‘DEMOKRASIE WERK NIE SÓ,’ SÊ BRYNARD
Carin groet DA oor styl van bestuur DESIRÉE RORKE @dezzierorke
D
Lance sets flipping good world record Lance Wolter from Oakglen competed at the Brackenfell Push Skate Park over the weekend to set up a “flipping” good Guinness World Record. Read about his feat on page 11.
ie “diktatorsbestuurstyl” van die Stad Kaapstad is merendeels die rede waarom sy in Augustus ná 11 jaar uit die DA bedank het, sê Carin Brynard, gewese DA-raadslid. Donderdag was haar laaste werksdag as wykraadslid vir wyk 102, wat dele van Brackenfell en Kraaifontein insluit. Volgens Brynard is die formulering van beleidsverordeninge uit die hande van portefeuljekomitees geneem en sentreer alles in die burgemeester se kantoor. “Sy boelie en skel op DA-raadslede wat nie met haar saamstem nie, en druk alles deur sonder om gehoor te gee aan die DA se koukus,” het Brynard in ’n mediaverklaring aan TygerBurger gesê. “Volgens my is dit nié hoe ’n demokrasie werk nie.” “As ’n Christenmens voel ek nie meer tuis in die party nie en kan ek nie meer my gemeenskap met ’n oop gemoed dien nie.” Brynard beweer ook dat inwoners in middelklasbuurte soos Brackenfell “nie waarde vir hul belastinggeld van die Stad kry nie”. “Dienslewering word gekniehalter as gevolg van die verdigtingsbeleid. Veral paaie word nie opgeknap om die huidige verkeer te dra nie,” sê sy. “Nuwe ontwikkelings gaan voort ongeag wat die impak daarvan op die plaaslike gemeenskap is,” sê sy. “Ek het nie meer antwoorde vir my mense nie, en ek kan nie langer met my gewete saamleef nie.” Sy bedank al die inwoners in wyk 102 vir die 11 jaar wat hulle haar en die party ondersteun het. “Die DA het baie goeie stempersentasies gehad in die wyk en ek neem swaar afskeid.”
Op haar beurt het die burgemeester Patricia de Lille, Brynard se verklaring afgemaak as onwaar. “Vir haar om voor te gee dat sy ’n Christenmens is en dan sulke leuens te vertel, is onaanvaarbaar. Sy is bitter omdat sy nie weer as voorsitter van die portefeuljekomitee aangestel is nie. Raadslede word aangestel as voorsitters op meriete en hoe doeltreffend hulle in hul werk is. Op die aanbeveling van JP Smith, burgemeesterskomiteelid van veiligheid en sekuriteit, is Brynard nie weer in die pos as voorsitter aangestel nie, omdat sy soms nie haar werk reg gedoen het nie,” het De Lille aan TygerBurger gesê. Sy voeg by dat Brynard die geleentheid gehad het om griewe aan te teken, “sóú sy gevoel het dat ek ’n ‘diktator’ is”. “As sy dit nie gedoen het nie, is haar kans nou verby. Die DA word gemeet aan ons dienslewering en die kiesers het gewys hulle het volle vertroue in my as die burgemeester en die party met 66,6% van die stemme vir die party in die 2016-verkiesing,” sê sy. Brynard was raadslid oor die volgende gebiede: Arauna, Cape Gate, Kleinbron, Morgenster, Morgenster-hoogte, PeerlessparkNoord, St. Michaels, Vredekloof, Vredekloofhoogte, Welgelee, Brackenfell-Noord, Chamonix, Windsor Estate, Windsorpark, Malboroughpark, Springbokpark (oos van Brackenfell-boulevard), Peerless-parkNoord, Vredekloof-Oos, Morgenster, Brackenfell-sentraal (suidoos van Ou Paarlweg, noordoos van Kuilsrivier se R300, noordwes van treinspoor en suidwes van Brackenfellboulevard), Windsorpark-landgoed (suid van Dan Kingweg, insluitend die Hoërskool Monumentpark en van Darwinweg), Windsorlandgoed en Vredekloof-Oos. VVertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.