TygerBurger Brackenfell 20170927

Page 1

BRACKENFELL

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

SPRING HAS SPRUNG

MARIGOLD 6 PACK

Electricity Cost Hurting Your Pocket ? WAS 21.95

NOW

12.95

Offers valid until 1 October 2017. While stocks last.

Save at least R 500 pm with a Solar Water Heater from only

R 399 pm Tel. 0861 115 115

www.mrsola.co.za

X1TWPMM2-AL270917

Woensdag, 27 September 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Different is cool for Daniel and Friends Lianie le Roux, Minki Burger, Lizel Smit and Nicky de Beer presenting the Different Is Cool programme at the recent Daniel and Friends fashion show. Read more about this programme on page 4. PHOTO: CANDICE RODRIGUES

STAD KAAPSTAD: MOONTLIKHEID DAT MIDDELKLASBUURTE SAL MOET AFSIEN VAN FONDSE

Toelaes na armes? DESIRÉE RORKE @dezzierorke

F

ondse of wykstoelaes in middelklasbuurte in Kaapstad, onder meer Brackenfell, kan moontlik in die toekoms deur die Stad Kaapstad onttrek word om in arm gebiede gespandeer te word. Die jaarlikse toelae van R850 000 word aan elke wyk in die Stad toegeken om spesifieke behoeftes in die wyk se woonbuurte aan te pak.

Die geld word byvoorbeeld gespandeer op kleiner projekte om nuwe sypaadjies, voetpaadjies en spoedwalle te bou, straatname te verf en plaaslike parke te verfraai. Plaaslike wyksraadslede is baie bekommerd oor hoe dié wending belastingbetalers gaan beïnvloed. “Indien die fondse onttrek word, gaan raadslede in dié wyke geen fondse hê om in hul wyke te spandeer nie en sal projekte in dié wyke ook noodgedwonge gestaak moet word,” sê Andrea Crous, raadslid van wyk

70. Volgens Crous is raadslede in subraad 3 vandeesweek ingelig oor die aanstelling van ’n spesiale taakspan van die Stad wat sal besluit uit watter wyke die toelae onttrek gaan word. Die subraad sluit dele van Bellville, Durbanville, Tygervallei en Blouberg in. Daar word bespiegel dat die wykstoelae wat uit die meerderheid van die Stad se 116 wyke onttrek gaan word, dan in die sowat 47 armer wyke bestee gaan word, waar dit “meer nodig is”, volgens die Stad.

Maar plaaslike wyksraadslede meen dat dit sal onregverdig wees teenoor belastingbetalers in middelklaswyke. “In sommige middelklaswyke is dié toelaag die enigste fondse wat daar beskikbaar gestel word vir spesifieke behoeftes en is dus baie noodsaaklik,” het ’n ander raadslid aan TygerBurger gesê. Die Stad Kaapstad wou by medianavraag nie die aanstelling van die taakspan bevestig of ontken nie. V Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.