DE GRENDEL • Poles, Latte, Droppers • Wendy houses & Cabins • Decking, Balau etc. • Railway sleeper furniture • Timbacore Fencing • Structural Timber etc.
Clai Cl aim m yo your ur
2 0% DIS CO
O UNT on re on reta tail, il, no now w T& C's Apply
15 Farad street Stikland, Bellville, (NEXT to the R300 Freeway) T: 021 949 5555 • C: 081 598 0006 • www.timbacore.co.za X1VMW0RD-AL210819
Woensdag, 21 Augustus 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger 11 tydskrifte + 35 koerante
Netwerk24. Alles op een plek.
Teken in by www.netwerk24.com.
Die raadslid Cheryl Visser en insp. Shane Blake van die Stad Kaapstad se wetstoepassingseenheid is hier by die Uys Krige-uitkykpunt in Plattekloof. FOTO: RICHARD ROBERTS
UITKYKPUNT: ‘DIT SAL ’N SONDE WEES OM DIT TE SLUIT’
Lovers’ Lane móét behoue bly RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj
C
heryl Visser, wyk 1-raadslid, het wéér ’n beroep gedoen op besoekers aan die Uys Krige-uitkykpunt tussen Plattekloof en Loevenstein om die wet te gehoorsaam. Dit volg ná verskeie klagtes ontvang is oor onder meer dwelm- en drankmisbruik, har-
de musiek en laatnagpartytjies deur lede van die publiek. Ondernemings, sowel as die plaaslike buurtwag, het vroeër geëis dat die uitkykpunt gesluit word. In Mei 2017 het Visser egter ’n mosie gebring om die uitkykpunt op te knap en te beveilig. “Ons het ’n paar dinge gedoen om te verseker besoekers gehoorsaam die wet,” sê sy.
Sedertdien is ’n padteken aangebring wat duidelik aandui dat dwelm- en drankmisbruik, harde musiek en laatnagpartytjies by die uitkykpunt verbied word. In Junie is nóg ’n teken opgerig waarop aangedui word besoekers mag slegs vanaf 06:00 tot 22:00 daar mag parkeer. Nog ’n teken dui aan dat besoekers slegs ’n uur daar mag parkeer. Benewens dit, is daar ook sypaadjies en asblikke aangebring. Kringtelevisiekameras
wat vanaf die Stad Kaapstad se kontrole-kamer in Goodwood beheer word, is ook geïnstalleer. “Ek wil hê ons moet die gebied bewaar, anders mag ons net sowel die handdoek ingooi.” In April verlede jaar het Visser ’n soortgelyke beroep gedoen, met behulp van die Loevenstein-buurtwag. V Na bladsy 2.