DE GRENDEL
Woensdag, 4 Maart 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
TygerBurger
Teken in by www.netwerk24.com.
DE GRENDEL: TOILETTE ERG VERNIEL
Karaoke finalists have a blast
Vandale teiken stasie RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj
T
reinpendelaars wat gebruik maak van die De Grendel-stasie in Parow-Noord moet liefs die openbare toiletgeriewe vermy. Dis nou te sê as higiëne jou na aan die hart lê. Die meeste van die geriewe daar is buite werking weens vandalisme. Die toiletbakke is gebreek en wasbakke is óf gebreek óf verwyder. Menslike ontlasting is ook op een van die toilette gewaar tydens ’n onlangse besoek aan die treinstasie deur TygerBurger se joernalis. Roger Cannon, voorsitter van die Parow-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê hulle het onlangs tydens ’n patrollie ook opgemerk dat daar ’n lekkasie by een van die toilette is. Die toilet is egter agter ’n geslote deur en hek. “Die water vloei nou al langer as ’n week. Ons het dit by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) aangemeld,” sê Cannon. Die stasiebestuurder was nie tydens die besoek op kantoor nie. ’n Werker by die stasie het egter aangedui dat hulle daarvan weet.
Die vloei van die water is konstant en loop van die toilet tot by ’n kanaal naby die spoorlyn, waarvandaan dit wegvloei. Die GPF het die stasie op Saterdag 8 Februarie besoek tydens ’n gesamentlike patrollie deur buurtwagte. “Ons het gehelp soek na die verdagte in die Tazne van Wyk-saak. “Ons het inligting ontvang dat hy in die Parowomgewing is. Ons het al die plekke besoek waar haweloses normaalweg uithang,” sê Cannon. Tazne se lyk is ’n week later in ’n stormwaterdrein naby Worcester gevind. Cannon kon nie presies sê hoeveel liters water al vermors is nie, maar vermoed dis in die honderde. Die koerant het die toestand van die toilette en lekkasie onder Prasa se aandag gebring. Nana Zenani, woordvoerder van Prasa, het hierop gereageer. “Ons span het gaan kyk en vasgestel dat die kwessie reeds opgelos is. “Die span gaan dit strenger monitor om te verseker dat die probleem nie herhaal word nie.”
“Die toiletbakke is gebreek en wasbakke is óf gebreek óf verwyder. Menslike ontlasting is ook op een van die toilette gewaar.”
The semi-finals of the TygerBurger’s Karaoke like a Star competition was one for the books with Suidooster and Delush Wines as the main sponsors. The 20 contestants tuned their vocal cords last week to make it to the final top 10. Pictured is one of the top 10 finalists, Carmen Sondagh, with Suidooster's Jill Levenberg known as Mymoena. Read more on page 6. PHOTO: KAILIN DANIELS
THE BASICS. FOR LESS. SEED
MARGARET ROBERTS LAVENDER
WAS 21.95
NOW
9.95
www.stodels.com
WAS 29.95
NOW
TERRACOTTA BOWL
LARGE WAS 359.95
NOW
MEDIUM SMALL WAS WAS 139.95 239.95
NOW
NOW
19.95 199.95 139.95 69.95
CAPE HONEYSUCKLE
BUTTERFLY BUSH
WAS 59.95
WAS 59.95
NOW
22.95
NOW
AVAILABLE IN PINK & WHITE
26.95
Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Bergvliet 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400
PLANT SAVING
WAS
NOW
THATCHING REED
R59.95
R21.95
ANGELONIA
R59.95
R24.95
DURANTA GOLD
R59.95
R24.95
FREYLINA
R69.95
R24.95
BEGONIA GUMDROP
R69.95
R24.95
DAISY
R59.95
R26.95
AGAPANTHUS BLUE
R79.95
R26.95
VIBURNUM
R99.95
R39.95
Offers valid until 08 March 2020. While stocks last. X1W33RND-AL040320