TygerBurger De Grendel 20170719

Page 1

DE GRENDEL

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

Switch to

Smile 90.4FM Woensdag, 19 Julie 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Die park in Paarlstraat, waar die seun aangeval is. FOTO: CARINA ROUX

Die 12­jarige seun in die hospitaal.

SPEELPARK: TWAALFJARIGE HELDER OORDAG AANGEVAL

Seun 33 keer gesteek CARINA ROUX

’n

Twaalfjarige seun is verlede week 33 keer met ’n skerp voorwerp gesteek toe hy helder oordag deur ’n volwasse man in ’n speelpark in Paarlstraat in Goodwood aangeval is. Die seun sterk tans in die N1-stad-hospitaal aan ná hy verskeie operasies moes ondergaan. Sy ma sê haar kind en vier vriende was besig om sokker te speel “soos wat hulle elke dag doen” in die park langs die woonstelblok

waar hulle woon. Sy sê volgens die ander kinders het daar ’n vreemde man rondgestaan en hulle dopgehou. Die man het toe blykbaar reguit na hom gestap en hom gevra wat sy naam is. Daarna het die man hom na bewering gepootjie en begin steek. Een van die ander kinders het haar ander seun (19) gaan roep. Hy het sy broer gaan optel en sy wonde probeer toedruk. Hul ma was ten tyde van die voorval, wat in die middel van die dag gebeur het, by die werk. Sy sê hulle verstaan nie wat die rede vir die aanval kon wees nie. Sy het bevestig haar

seun het geen selfoon by hom gehad nie. Die seun het reeds Dinsdag (11 Julie) kort ná hy in die hospitaal opgeneem is, ’n noodoperasie ondergaan om onder meer ’n aar aan die agterkant van sy nek te herstel. Sy ma het gesê die meeste van die wonde was aan die linkerkant van sy lyf. Veral sy hande is ernstig beseer omdat hy die aanval probeer afweer het. Verlede Donderdag is hy aan albei sy hande opereer. Sy ma sê dit het goed afgeloop, maar dit is te gou om te weet of sy hande ten volle sal herstel. Albei die seun se hande is

Maandag geplaas in ’n stut, wat hy drie weke moet aanhou. Daarna sal hy intensiewe fisioterapie benodig, sê sy. Sy het ook verwys na die trauma wat hy sal moet verwerk. Twee van die ander kinders wat die aanval gesien het, is ook erg getraumatiseerd deur die gebeure, sê sy. Die vermeende aanvaller is deur die gemeenskap aangekeer. Moain Salie (31) van Delft het reeds Donderdag en Vrydag in die Goodwood-landdroshof verskyn op ’n aanklag van poging tot moord.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger De Grendel 20170719 by Tygerburger Newspaper - Issuu