DE GRENDEL
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
SPRING HAS SPRUNG
MARIGOLD 6 PACK
Electricity Cost Hurting Your Pocket ? WAS 21.95
NOW
12.95
Offers valid until 1 October 2017. While stocks last.
Save at least R 500 pm with a Solar Water Heater from only
R 399 pm Tel. 0861 115 115
www.mrsola.co.za
X1TWPMM2-AL270917
Woensdag, 27 September 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Die verdagtes word aangekeer op die N1.
INBREKERS: TALLE SLUIT BY SOEKTOG AAN; KOMMUNIKASIE TUSSEN GROEPE HELP
Spanwerk kelder 4
S
panwerk het daartoe gelei dat vier vermeende inbrekers op Woensdag 20 September vasgetrek is. Michael Meyer, die ondervoorsitter van die Bothasig-gemeenskapspolisiëringsforum, het verlede Woensdag inligting ontvang van ’n verdagte voertuig wat die Bothasig-area vanaf Summer Greens se kant binne gekom het. Die voertuig was vermoedelik vroeër laas week betrokke by huisinbrake in Edgemead. Meyer het onmiddellik oorgegaan tot aksie en alle beskikbare buurtwaglede versoek om die verskeie toegangsroetes in en uit Bothasig en Edgemead dop te hou. Beamptes van die Bothasig-polisie en sekerheidsdienste het by die soektog aangesluit en die gebied patrolleer waar die verdagte voertuig opgemerk is. Volgens ao. Jacques Mostert, woordvoerder
van die Bothasig-polisie, was daar die heeltyd kommunikasie tussen die voertuie tydens die soektog. Uiteindelik is die verdagte voertuig weer opgemerk toe dit Plattekloof Glen vanaf Panorama genader het. Die soektog is vernou na dié area en Ikeraam Abrahams, ’n sekerheidsbeampte van Swart Security wat op patrollie was, het die voertuig opgemerk. Hy het die ander ingelig en die voertuig begin volg. Die verdagte voertuig het op die N1 afgedraai in die rigting van Kaapstad. ’n Ongemerkte voertuig van die Bothasig-polisie, voertuie van Bellville- en Goodwood-polisie en die blitspatrollie het uiteindelik die verdagte voertuig afgetrek op die N1 naby die N7brug. Die vier insittendes van die voertuig, tussen 33 en 41 jaar oud, is deur lede van die Bothasig-
polisie in hegtenis geneem op aanklag van besit van huisbraak-implemente. ’n Verskeidenheid items wat gebruik word om by huise in te breek, is in die voertuig gevind. Die polisie het die adresse van die verdagtes nagegaan, waar hulle ’n verskeidenheid van gesteelde goedere, onder meer horlosies en selfone, gevind het. Meyer, wat betrokke was by die soektog en teenwoordig was met die arrestasie, was baie in sy skik met die operasie. Hy sê dit sou nie moontlik gewees het sonder almal se samewerking nie. Hy het sy dank uitgespreek teenoor die verskeie polisie-eenhede, die buurtwaglede en die sekerheidsbeamptes wat betrokke was. Hy hoop die arrestasie sal ’n positiewe uitwerking hê op huisbrake in Edgemead, wat die laaste ruk ’n toename toon.
Ao. Donovan Smit is hier met die items wat in die kar gevind is.