Tygerburger de grendel 20171129

Page 1

DE GRENDEL

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

THE GIFT THAT GROWS

Electricity Cost Hurting Your Pocket ? Save at least R 500 pm with a Solar Water Heater from only

R 399 pm Tel. 0861 115 115

www.mrsola.co.za

GIFT CARDS AVAILABLE ONLINE & INSTORE www.stodels.com X1U29XGH-AL291117

Woensdag, 29 November 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

ATTIE CONRADIE: REHABILITASIE BEGIN VIR GEDEELTELIK VERLAMDE FIETSRYER

’n Nuwe ‘epiese reis’

CARINA ROUX

A

s kranige fietsryer het Attie Conradie (51) van Panorama vele uitdagende ritte aangepak en onder meer drie CapeEpic-bergfietstoere voltooi. Verlede week het Conradie met ’n nuwe “epiese reis” begin – dié van rehabilitasie. Conradie is gedeeltelik verlam nadat hy op Maandag 6 November met sy fiets agter in ’n stilstaande vragmotor, wat in die fietsbaan van Giel Basson-rylaan naby N1 Stad geparkeer was, vasgery het. (“Kranige fietsryer breek sy nek,” 15/11). Ná twee weke in die hoësorgeenheid van die Netcare N1 Stad-hospitaal is hy verlede Maandag 20 November oorgeplaas na die spesialisrehabilitasie-eenheid van die Vincent Pallotti-hospitaal. Conradie se jarelange fietsrymaat, Cor Winckler, hou sedert die ongeluk ’n webjoernaal oor sy vriend se vordering en het aanlyn ’n Back a Buddy-fondsinsameling vir hom begin. Verlede Dinsdag 22 November plaas hy “Attie se eie woorde” oor dag een van rehabilitasie: “Teen skemeroggend het ek ’n lys gemaak van takies wat ek gedink het van my verwag sal word in die eerste dag in stygende volgorde van moeilikheidsgraad: asemhalingsoefeninge, voer jouself, borsel jou eie tande, strekoefeninge, weerstandsoefeninge met die arms, skep ’n nuwe sterrestelsel met ten minste twee menslik bewoonbare planete en sit regop op die bed met behulp van ’n OT (arbeidsterapeut). “Gelukkig is nommer ses toe nie op die lysie nie, maar dit voel steeds asof dit makliker sou wees as die twee minute se regop sit. “Dag een van rehab is agter die rug en dis inderdaad baie uitputtend, maar ek het darem reeds geleer hoe om myself oor die bed te skuif met die relings en kan my hemp halfpad self aantrek. Baie dankbaar vir almal se ondersteuning. Dit dra mens deur die dag.” Die doel van die webjoernaal is om bewusmaking te skep en met die aanlyn fondsinsameling wil hulle fokus op die uitgawes wat nie deur die mediese fonds of versekering gedek word nie, sê Winckler. Op kort termyn behels dit bykomende tyd wat Conradie in die rehabilitasie-eenheid sal moet deurbring en noodsaaklike aanpas-

Joey Evans kuier verlede Saterdag by Attie Conradie. sings aan die gesin se huis om dit bewoonbaar te maak vir ’n kwadrupleeg. Op lang termyn kyk hulle na toerusting soos ’n aangepaste rolstoel, ’n spesiale bed, hystoestelle en ander toerusting om die huis meer toeganklik te maak en ’n aangepaste

voertuig. Winckler het die aanvanklike mikpunt gestel op R250 000 en die reaksie is tot dusver positief. Die afgelope Maandag is bydraes van meer as R200 000 reeds ontvang. Reeds verlede Woensdag 22 November kon

Winckler op die webjoernaal berig dat hul danksy die vrygewige donasies kon begin met die eerste aanpassings aan die huis wat sal verseker dat Conradie maklike toegang tot wasgeriewe sal kan hê. V Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.