DE GRENDEL
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
Switch to
Smile 90.4FM Woensdag, 20 Desember 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Groot opgewondenheid het geheers toe die Kersliggies aangeskakel is.
BOTHASIG: KERSSTEMMING BY HUISE
Liggies brand weer
D
ie gemeenskap van Bothasig is nou amptelik in ’n Kersstemming nadat die jaarlikse Kersliggies op Saterdag 16 Desember aangeskakel is. Die seremonie is deur die Bothasig-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) saam met die Bothasig-polisie gehou. “Dit is die derde keer dat ons die seremonie hou. Dit was die inisiatief van Neal de Wit, voormalige voorsitter van die BothasigGPF. Hy het voorgestel dat inwoners weer jaarliks Kersliggies by hul huise aanskakel – iets waarvoor Bothasig altyd bekend
was,” het ao. Jacques Mostert, woordvoerder van die Bothasig-polisie, gesê. Vanjaar se seremonie was onder leiding van Dave Morley, die nuwe GPF-voorsitter, en Louise de Beer, ondervoorsitter van die GPF, tesame met die Bothasig-polisie en die Bothasig-buurtwag, aangebied. “Laasgenoemde twee instansies het hard gewerk en ure ingesit vir die groot dag wanneer die liggies aangeskakel word. Hulle is bygestaan deur Jack’s Paints en Morné du Plessis, bestuurshoof van Electrical and Total Control Electrical,” het Mostert gesê.
Die aand is begin met ’n klein mark waar die gemeenskap hul laaste Kersinkopies kon doen en ook iets te ete kon koop. “Die Protea Brass Foundry-orkes, ’n gemeenskapsorkes, het die besoekers op Kersliedere getrakteer voordat die ligte aangeskakel is. “Lt.kol. Patrick Jacobs, stasiebevelvoerder van Bothasig-polisie, het die aftelling gedoen. Van die besoekers het gesê dat hulle baie verbaas en verras is toe die ligte aangeskakel is,” het Mostert gesê. Die plaaslike radiostasie OneFM94.0 het regstreeks van die
verrigtinge uitgesaai en het ook deurgaans musiek verskaf. Mostert het as Kersvader opgetree en seker gemaak dat elke kind iets soets van Kersvader ontvang. Morley, De Beer en Jacobs het almal bedank wat die verrigtinge bygewoon en die aand ’n sukses gemaak het. “Vanjaar het ons ook meer besoekers ontvang, ondanks die sterk wind. Dit is ’n bewys dat die inwoners meer by gemeenskapsprojekte betrokke wil raak. De Wit was ook opgewonde oor die impak van hierdie derde seremonie,” het Mostert gesê.
SEASON’S GREETINGS Brito’s would like to thank all our customers for their support in 2017. We would like to wish you and your family peace, joy and prosperity through the coming year. YES!! We are OPEN on the 24th & 31st Dec (Selected stores only) Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
Dont forget our wide selection of your favourite festive meats.
Corned Tongue, Corned Beef, Boneless Gammon, Smoked Chicken Gammon Roll & so much more.