DURBANVILLE 58” 58″ 4K UHD SMART LED - 58A6100UW
x3 TV LICENCE & ID REQUIRED WITH THE PURCHASE OF ANY TV
PRICE
FREEZE
x2
4
Year Guarantee
R6
was R8 999
999
Valid @ all branches until Tuesday 16 June 2020 - While stocks last
BELLVILLE - 021 944 3330
Woensdag, 3 Junie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
DURBANVILLE: SKOLE SLAGGEREED VIR GR. 7 EN 12
Leerders seepglad skool toe ESMÉ ERASMUS @erasmusesme
T
erug hok toe ná twee maande van inperking het Maandag 1 Junie vir skole in Durbanville se graad 7- en 12-leerders seepglad en met groot blydskap verloop. Die Hoërskool Durbanville se senior raad van leerders het hul alma mater met plakkate met slagspreuke by die hekke ingewag, terwyl hul onderwysers ’n erewag gestaan het. Ook by die Hoërskool Fairmont is matrieks met ’n kleurvolle banier wat lui “We missed you!” verwelkom. Coenie Venter, hoof van die Hoërskool Durbanville, het gesê “dit was ’n absolute vreugde om ons kinders weer te sien. Ons kry ons energie van ons kinders af; dit het gevoel ons familie is weer heel”. “Dit gaan vir die matrieks egter ook gepaard met baie kommer en spanning, asook die verlies van goed waarna hulle in hul finale jaar uitgesien het – hetsy dit in sport, op kulturele vlak of in ander prestasies was. “Ons moet hulle nou motiveer en ander meganismes in plek stel om hulle in hierdie uitsonderlike jaar te begelei. Hierdie is een klas wat nooit vergeet sal word nie.” Volgens Venter het die afstandsonderrig ook voordele ingehou vir sommige leerders in terme van werksetiek en eie dryfkrag. Leerders wat nie kon bybly nie, gaan nou spesiale aandag kry om in te haal. Van dié skool se 181 matrieks was almal Maandag terug in hul banke, buiten 28 leerders met onderliggende mediese toestande of bejaarde grootouers in hul huise. Volgens Deon Fabel, voorsitter van die beheerliggaam, is hy trots op hoe goed die skool se bestuurspan als hanteer het. “Die matrieks mis nie soseer akademiese werk
nie, want hulle het met aanlyn opleiding soos Teams met hul werk bygebly. Waarop hulle wel uitmis, is die pretaktiwiteite soos die jaarlikse Mnr. en Mej. Durbie en die Durbie Dash,” het hy gesê. Volgens Leon Erasmus, hoof van die Hoërskool Fairmont, het die verwarring rondom die heropening van skole veroorsaak dat slegs 212 van hul 232 matrieks Maandag op die eerste dag vir skool opgedaag het. Die volgende dag was die klas weer voltallig, buiten vir leerders wat siek of in die hospitaal is vir nie-Covid-19-verwante toestande. Dié skool het heel toevallig verlede jaar al sy onderwysers in aanlyn onderrig, spesifiek in Google Classroom, opgelei en was dus slaggereed vir wat voorgelê het. Dié skool is ook vooraf ontsmet en het al die persoonlike beskermingstoerusting ontvang. By die El Shaddai-Christenskool is die graad 10- tot 12-leerders terug by die skool en skryf reeds hul Cambridge-eksamen. Ook die Onafhanklike Skool Curro se graad 7- en 12-leerders is terug, terwyl aanlyn onderrig by die skool steeds tuis en by die skool voortgaan. Pierre du Toit, nuwe skoolhoof van die Laerskool Durbanville, het gesê dié skool was verheug om die senior leerders terug te hê. Volgens hom woon 95% leerders skool by, terwyl die res by die huis is oor onderliggende mediese toestande. “Alle nodige voorsorgmaatreëls is getref; klasse is in twee groepe verdeel om sosiale afstand te kan handhaaf. Ons evalueer nou alle leerders en doen hersiening,” het hy gesê. Rista Bezuidenhout, waarnemende hoof van die Laerskool Gene Louw, het gesê hul skool se ouers het positiewe terugvoer gegee oor die skool se gereedheid en is gerus om hul kinders skool toe te stuur.
Long queues At Tops! at Aurora Spar in Durbanville people queued from as early as 05:00. Devan Atkinson from Durbanville was one of the early birds to stock up on liquor. The queque stretched right around the stoep at 09:00 when liquor sales opened, but subsided by 11:00. PHOTO: ESMÉ ERASMUS
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
E&OE