TygerBurger Durbanville - 8 July 2020

Page 1

DURBANVILLE

Woensdag, 8 Julie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Die Voorbereidingskool Durbanville het Maandag en gister hul graad 1- tot 3-leerders terugverwelkom. Hier word Nicola Brink (links), ’n graad 3-leerder, se temperatuur deur Megan Kotze (klasassistent) gemeet. Agter gee Adél Mostert, skoolhoof, vir Helene van der Merwe, ook in graad 3, ’n Covid-19-“high five”, oftewel elmboogdrukkie. Die leerders is met musiek, ballonne en sterre met liggies verwelkom. FOTO: ESMÉ ERASMUS

SPESIALE TOESTEMMING: LAERSKOLE VERWELKOM GRONDSLAGFASE-LEERDERS TERUG

Onmin oor kleuterskole ESMÉ ERASMUS @erasmusesme

T

e midde van broeiende onmin tussen kleuterskole in Durbanville oor die oopmaak van hul deure vir hul kinders

van alle ouderdomme, het enkele laerskole óók Maandag en gister hul graad 1- tot 3-leerders terugverwelkom. Graad 6- en 11-leerders het ook Maandag en gister na hul skole teruggekeer. Die onmin oor sommige kleuterskole kon

open – ook vir jonger kinders en babas – terwyl ander nie kon nie, is Maandag in die kiem gesmoor danksy die uitspraak in die vakbond Solidariteit se hofsaak teen die departement maatskaplike ontwikkeling dat alle privaat kleuterskole hul deure mag

open. Dit sluit dagmoeders, speelskole en naskoolsentrums in. Dit kom na maande lange onsekerheid oor wanneer kleuterskole hul deure mag heropen. V Na bladsy 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.