TygerBurger Durbanville 20170830

Page 1

DURBANVILLE

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

FREE TREES GET A FREE TREE WITH AT LEAST 1 BAG OF COMPOST 15DM FOR R17

11 PERSEPT FAMILY T'C & C'S APPLY

X1TTGFYX-AL300817

Woensdag, 30 Augustus 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Sing saam uit volle bors Die leerders van die Hoërskool Stellenberg sing geesdriftig terwyl hulle ’n erewag staan voor hul eerste rugbyspan vir die interskolestryd Saterdag teen die Hoërskool Durbanville opdraf. Karli van der Merwe (regs) het hulle met ’n groot nommer een aangespoor. Stellenberg het met 47­6 gewen. Meer inligting op bl. 2. FOTO: KOOS JOOSTE

KLIPHEUWEL: RIOOLWATER BY LAERSKOOL HET GEMEENSKAP DIE HARNAS IN

‘Stank is ondraaglik’ ESMÉ ERASMUS

@erasmusesme

R

ioolwater wat kort-kort by ’n laerskool buite Durbanville uit die grond syfer en oor die speelterrein loop, het die gemeenskap van Klipheuwel en eienaars van aangrensende kleinhoewes die harnas in. ’n Anonieme klaer het aan TygerBurger gesê die stank is ondraaglik en dit lok vlieë, veral as dit warm is. Die Primêre Skool Klipheuwel, wat in Radioweg in die kleinhoewe-woonbuurt Mik-

punt geleë is en meer as 80 jaar gelede as ’n kerkskool begin is, het sowat 400 leerders – hoofsaaklik uit die Klipheuwel-gemeenskap. Van planne dat ’n nuwe skool vir die leerders in Klipheuwel gebou sal word, wat reeds in Januarie 2016 sou open, het daar nog niks gekom nie. “Die rioolwater hou ’n gesondheidsrisiko vir ons kinders in. Die kinders speel daarin en kan wurms kry,” het die klaer gesê. Volgens haar het die rioolwater veral einde Julie en begin Augustus weer uitgesyfer

en tussen die klaskamers deurgeloop. “Dit loop selfs tot in aangrensende kleinhoewes en dié mense is net so ontevrede daarmee en het ook al by die onderwysdepartment oor die skool se riool gekla. “Die stank is ondraaglik en ek sit gereeld met my trui voor my neus,” vertel sy. Die skool maak gebruik van ’n riooltenk, wat gereeld deur die Stad Kaapstad leeggepomp moet word. Hoewel die skool al verskeie kere by werknemers van die Stad Kaapstad, wat met die verwydering van die riool te doen het, asook by die departement

daaroor gekla het, word niks daaraan gedoen nie, het die klaer gesê. “Hulle en die onderwysdepartement trek net hul skouers op en sê dis nie hul afdeling nie, vertel sy. Volgens haar steek die rioolprobleem kort-kort kop uit sedert daar sowat vier jaar gelede aan die skool se rioolstelsel gewerk is. “Hulle het ’n gat gemaak en dit het net ’n tydjie reg gewerk, toe die rioolprobleem maar net weer begin het. Daar is iets verkeerd met die septiese tenk; dit moet vervang word,” het sy gesê. V Na bladsy 7.

OFFER VALID 30 AUG 6 SEPT 2017

Vars Vis en Gevriesde Seekos en Hoender Produkte SEAFOOD MIX

BATTERED HAKE

HALF SHELL MUSSELS

GARLIC MUSSELS

CHICKEN STRIPS

BITE & DELIGHT

SPICY POPS

BATTERED CALAMARI RINGS

R29 50

R110 00

R65 00

R32 50

R60 00

R30 00

R60 00

R50 00

per 700g

per 2kg

per 800g

per 500g

per 1kg

per 500g

per 1kg

per 1kg

Unit F1, Fourie Street, Brackenfell: Tel 021-982 7167 // 15 Eagle Street, Okavango Park, Brackenfell: Tel 021-981 0157 X1TVF27R-AL300817


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.