TygerBurger Durbanville 20170906

Page 1

DURBANVILLE

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

Electricity Cost Hurting Your Pocket ? Save at least R 500 pm with a Solar Water Heater from only

R 399 pm Tel. 0861 115 115

www.mrsola.co.za

Woensdag, 6 September 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Durbanville spog met eie Namakwaland Durbanville spog met sy eie Namakwalandse blommeprag. Thomas Halliwell (18 maan­ de), seun van Tommy en Magda Halliwell van D’Urban­ vale, en die spanjoel van hul bure, Lady, het Maandag in die veldblomme op die stuk veld in Hoogstraat, Durbanvil­ le baljaar. FOTO: MALITZA DE KOCK/MALITZA K. FOTOGRAFIE

VILLAGE SQUARE: BOUPLANNE NOG NIE GOEDGEKEUR; ONTWIKKELAAR TREE BINNE REGTE OP

Grondwerk skop af ESMÉ ERASMUS

@erasmus.esme

G

rondverskuiwingswerk is in volle swang op die leë perseel op die hoek van Oxford- en Queenstraat in Durbanville se sakekern – oorkant die poskantoor, waar ’n reusewinkel- en kantoorkompleks al meer as tien jaar beplan word. Dié multimiljoen-projek, wat as die Village Square bekend sal staan, word al vir etlike jare vertraag om verskeie redes, waarvan een die feit is dat die perseel ’n paar keer van

hande verwissel het. Die huidige eienaar is Sanlam-Eiendomme. Hoewel bouplanne nog nie finaal goedgekeur is nie, is daar sowat twee weke gelede begin met die gelykmaak van die terrein en uitgrawe van ondergrondse parkering. Volgens Theresa Uys, raadslid vir wyk 112, wat die sakekern insluit, is sy by navraag deur die Stad Kaapstad se beplanningsdepartement ingelig dat bouplanne ingedien en nagegaan is, maar dat dit nog nie goedgekeur is nie. “Die ontwikkelaar tree egter heeltemal

binne sy regte op om intussen met die grondwerke te begin en het nie goedgekeurde bouplanne daarvoor nodig nie. “Ek het baie navrae van die publiek ontvang oor die projek. Almal is natuurlik verheug daaroor dat die projek uiteindelik begin het. Dit gaan ’n geweldige positiewe effek op die sakekern hê en ’n aanwins wees. Dit gaan ook die opknap van paaie rondom die kompleks insluit,” het sy gesê. Gerhard Fourie, voorsitter van subraad 7, het bygevoeg dat die grond voorberei word en daar proefdrilwerk gedoen is om die

grondstruktuur te ondersoek, voor die finale gebou-ontwerp gedoen kan word. Die erf van sowat 1,4772 ha, wat die afgelope jare met sinkplate omhein was, is in 2008 al gesoneer vir kommersiële ontwikkeling. Buiten die bestaande, historiese Pienk Huis (wat nou wit geverf is), is die erf leeg nadat geboue wat vroeër daarop geleë was, reeds jare gelede gesloop is. Dié erf is aanvanklik in Februarie 2004 vir die bedrag van R12 miljoen per tender deur die Stad Kaapstad verkoop. V Na bladsy 3.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Durbanville 20170906 by Tygerburger Newspaper - Issuu