Tygerburger durbanville 20171206

Page 1

DURBANVILLE

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

THE GIFT THAT GROWS POINSETTIA

Electricity Cost Hurting Your Pocket ?

WAS 79.95

NOW

49.95

Save at least R 500 pm with a Solar Water Heater from only

BLACK POT COVER

WAS 94.95

R 399 pm Tel. 0861 115 115

NOW

49.95

INDOOR PLANT

www.mrsola.co.za

Offers valid until 10 December 2017. While stocks last.

X1U5N5ND-AL061217

Woensdag, 6 Desember 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

MORNINGSTAR: NOG GROND VIR BEHUISING

Nuwe hoop vir dié op waglys ESMÉ ERASMUS

@erasmusesme

N

uwe hoop op ’n eie huis bestaan nou vir sommige ontevrede inwoners van Morningstar wat nie vir huise in die nuwe behuisingprojek in dié woonbuurt in Durbanville gekwalifiseer het nie. Altesame 166 huise word tans in die behuisingsontwikkeling gebou. Van die huise is al dakhoogte en die eerste huise sal reeds vroeg in 2018 klaar wees. Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir stedelike ontwikkeling van die Stad Kaapstad, het gister aan TygerBurger bevestig gedeeltes grond is reeds in Morningstaromgewing geïdentifiseer vir ’n GAP-behuisingskema vir mense vanuit dié gemeenskap wat méér as R3 500 verdien. Dit het gevolg nadat inwoners ’n optog sowat ’n maand gelede na die munisipale kantoor in Oxfordstraat gehou het om hul ontevredenheid oor die toekenning van huise te kenne te gee. Slegs 17 van die 150 inwoners wat op die waglys was, gaan wel huise in die projek ontvang, terwyl plaaswerkers van omringende plase soos Meerendal en Altydgedacht huise gaan kry, het Zane Williams, voorsitter van Morningstar Development and Upliftment Initiative (MDUI) aan TygerBurger gesê. Hy sê inwoners is ook ontevrede oor die kriteria met die toekenning van die huise – onder meer dat net mense met ’n inkomste van R3 500 of minder in aanmerking kom. Dit het baie van die mense wat al etlike jare op die waglys is, ’n geleentheid op ’n eie huis beroof, meen hy. ’n Vergadering is verlede Maandag op 27 November gehou tussen lede van die MDUI,

Theresa Uys (raadslid vir wyk 112), Gerhard Fourie (voorsitter van subraad 7), die projekbestuurder van die Morningstar-behuisingskomitee, asook Suzette Little, burgemeesterskomiteelid vir die Stad Kaapstad se noordelike gebied en ander rolspelers. Op die vergadering is die MDUI se waglys van mense deur die Stad se behuisingsamptenaar bestudeer. “Dis onregverdig dat die ander mense op die waglys nie ’n geleentheid op ’n huis kry nie,” het Williams gesê. Volgens Williams is die behuisingsprojek destyds goedgekeur as ’n BNG (Breaking New Ground)-projek, wat gemengde gebruik toelaat, en nie net RDP-huise – met ’n inkomsteperk van R3 500 – insluit nie. Volgens hom is inwoners ook ontevrede dat ten minste drie lede van die Morningstar-behuisingskomitee nie eens in Morningstar woon nie. Daar word beskuldigings gemaak word dat van hul onmiddellike familielede begunstigdes van die behuisingsprojek is, sê hy. Volgens hom is by die vergadering besluit dat niemand sy intrek in sy nuwe huis sal neem alvorens al die griewe van Morningstar-inwoners hieroor uitgestryk is nie. Williams sê hulle het ook ooreengekom dat geen vergadering oor die behuisingskwessie gehou sal word sonder dat lede van die MDUI teenwoordig is nie. Hy is ontevrede daaroor dat Uys verlede Donderdagaand tydens ’n vergadering in die Morningstargemeenskapsaal, ondanks hul ooreenkoms, te velde getrek het teen die MDUI oor sy besware teen die behuisingsprojek en “’n politieke vergadering daarvan gemaak het.” “Ons vertroue in haar is nou geskend,” het hy gesê. V Na bladsy 2.

‘Engele’ bring Kersvreugde Die Walking Angels en die Walking Elves van Brackenfell is gereed om vanjaar weer eens Kersvreugde met hul engelstemme te bring. Hul eerste optrede vind op Vrydag 8 Desember by die Ipic Kenridge­winkelsentrum in Kenridge plaas. Hulle sal vanjaar 22 optredes doen ten bate van Die Burger­Kersfonds – onder meer ook by die Ipic Aurora­ en De Ville­winkelsen­ trums in Durbanville. Lees die volledige berig op bladsy 5.

THE GIFT THAT GROWS GIFT CARDS AVAILABLE ONLINE & INSTORE FUCHSIA

WAS 49.95

BONSAI GIFT PACK

NOW

19.95

SUCCULENT IN OWL POT 8CM

PLASTIC JACINTA HANGING BOWL

WAS 99.95

WAS 29.95

NOW

14.95

WAS 139.95

www.stodels.com

NOW 69.95

MOTH ORCHID 2STEM

POINSETTIA

NOW

NOW

WAS 179.95

119.95

59.95

49.95

POT COVER (AVAILABLE IN WHITE/BLUE/GREY)

BLACK POT COVER

NOW

NOW

WAS 129.95

NOW

INDOOR PLANT

WAS 79.95

INDOOR PLANT

69.95

Offers valid until 10 December 2017. While stocks last.

WAS NOW 19.95 19.95 39.95 19.95 24.95 9.95

MARGARET ROBERTS 27.95 LAVENDER STRAWBERRY 39.95 ROSEMARY TERRACOTTA POT 15CM

WAS 94.95

INDOOR PLANT

49.95

Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Constantia 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400 X1U5XL6M-AL061217


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Tygerburger durbanville 20171206 by Tygerburger Newspaper - Issuu