DURBANVILLE
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
Woensdag, 20 Desember 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
MEISIE VERLAM: GEMEENSKAP GEE REUSEKERSGESKENK
Farewell till next year
‘‘Nuwe’ Nuwe’ h uis g ereed huis gereed
This is our last edition for 2017. Our best wishes accompany each and every reader and their loved ones over the festive period. Our first edition will appear on Wednesday 17 January 2018 and we look forward to bringing you a new year full of news you cannot find anywhere else! Thank you for your loyal support and please stay safe. – The TygerBurger team.
ESMÉ ERASMUS
@erasmusesme
’n
Opgeknapte, vergrote huis met genoeg spasie vir hul gestremde dogter se rolstoel, is die reuse-Kersgeskenk wat ’n dapper gesin van ’n plaas buite Durbanville vanjaar gaan kry. Die Klein-gesin van die plaas Altydgedacht, waar Ciska (9) se pa, Marius, ’n plaaswerker is, trek binnekort in hul “nuwe” huis op die plaas in. Sy en haar ousus, Marilize (13), is op Vrydag 19 Maart langs die Tygervalleipad deur ’n motor raakgery toe hulle daar gestap het. Ciska se nek is in die ongeluk gebreek en sy is sedertdien ’n kwadrupleeg en gekoppel aan ’n ventilator. Haar suster is ook beseer, maar dieselfde dag nog ontslaan. Die gesin van ses het tot nou almal in een beknopte kamer in hul klein tweevertrekhuis gebly en daar was nie genoeg plek vir Ciska se lewensnoodsaaklike asemhalingstoerusting, wat nog te sê haar rolstoel. Sy was dus meestal aan haar bed gekluister. Daar was ook geen toilet- of wasgeriewe binne-in die huis nie. Dié Kersgeskenk is moontlik gemaak deur etlike weldoeners onder leiding van Twanette Acker, projekleier van die StoryBox-projek, Dié projek is in 2012 deur ouers van die Laerskool Kenridge begin om onder meer ’n vroeëgeletterheidsprogram en leerondersteuning aan te bied by die Primêre Skool The Valley, waar Ciska tot voor haar ongeluk ’n graad 2-leerder was. Die StoryBox-projek se hulp aan die Kleingesin het intussen só uitgekring dat hulp van oraloor uit Durbanville, Kenridge en Proteavallei en omgewing aangebied word. Die Klein-gesin bly sedert middel Oktober in ’n ander huis op die plaas sodat hul huis opgeknap kon word, vertel Acker. ’n Ruim slaapkamer met badkamer, groot genoeg vir haar rolstoel, is vir Ciska en haar ouers aangebou. Dié kamer het dubbeldeure na buite en ’n rolstoelafrit. Die kombuis is ook heeltemal opgeknap. “Daar was ’n paar verrassings weggesteek onder die dakplate van die huis. Dakplate van die huisie is sedert sowat 80 jaar gelede af regop gehou deur boomtakke. Dit moes vervang word en dit het nuwe finansiële en praktiese uitdagings gestel aan ons ongelooflike bouspan,” sê Acker. V Na bladsy 2.
TygerBurger
Ciska Klein (9) en haar sussies, (van links) Elize (11), Christelle (10) en Marilize (13), is hier vrolik in die huis waarin hulle tydelik woon. Hulle sien baie uit na hul nuwe huis, waarin hulle hopelik nog voor Kersdag gaan intrek. Verfwerk is tans in volle gang by hul nuwe huis.
SEASON’S GREETINGS Brito’s would like to thank all our customers for their support in 2017. We would like to wish you and your family peace, joy and prosperity through the coming year. YES!! We are OPEN on the 24th & 31st Dec (Selected stores only) Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
Dont forget our wide selection of your favourite festive meats.
Corned Tongue, Corned Beef, Boneless Gammon, Smoked Chicken Gammon Roll & so much more.